Ma, seun fnuik self rowers

Argieffoto

Argieffoto

Die vinnige optrede van ʼn ma en seun van Centurion, Gauteng het Dinsdag drie gewapende mans wat hulle wou beroof, se planne gefnuik.

Frances van Rensburg en haar dogter, Marlese van der Spuy het kort ná middagete by hul huis in Hennopspark opgedaag nadat hulle gaan inkopies doen het. “Ons het by die huis gekom, die motor in die erf getrek, en die elektriese veiligheidshek agter ons toegemaak,” het Van Rensburg aan Maroela Media gesê.

Drie mans in ʼn nuwe goudkleurige motor het voor die hek stilgehou. Twee mans het uitgeklim en het by Van der Spuy navraag gedoen oor ʼn adres in die omgewing. Nadat Van der Spuy hulle klaar gehelp het, het hulle afgebuk, die hek van sy spoor afgelig, en dit oopgemaak.

Van Rensburg se 35-jarige seun, Roelof Lubbe, was in die huis en het die rumoer gehoor en gaan ondersoek instel. “Albei mans wat buite die motor was, het vuurwapens uitgepluk. My seun het na een gehardloop en hom ʼn pot shot gegee. Die man het langs die kar geval,” het sy gesê.

Die ander verdagte het sy vuurwapen op Lubbe gerig. Van Rensburg het intussen in die huis in gehardloop en hul veiligheidsmaatskappy se noodknoppie gedruk.

“Die kombinasie van my seun se vuishou en die alarm het die mans die skrik op die lyf gejaag. Hulle het in die motor gespring en weggery.”

Die gesin is ongedeerd. “Die Here se hand was oor ons dat niks skeefgeloop het, en niemand seergekry het nie. Die een skurk gaan wel ʼn seer wang hê.”

Die polisie en personeel van ADT was kort ná die voorval op die toneel en het die gesin se verklaring geneem.

Van Rensburg vermoed die mans het haar en haar dogter van die winkelsentrum af agtervolg, aangesien ʼn soortgelyke voorval verlede week in dieselfde woonbuurt plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wessel ·

Ek was by die huis gewees en die hek toe so reg gemaak dat dit nie weer so maklik opgelig kan word as die hek toe is nie. Rowers het ook die gewoonte om sulke hekke van die spoor af te lig terwyl dit oop of toegemaak word wat dit dan maklik vir hulle maak om om die hek oop te forseer aangesien die hek dan gewoonlik in die grond vasstreek en nie verder beweeg nie.

Linda ·

Prys die Here. Die verrassingselement het hier geseëvier!.

KOEL KALM DADELIK

George ·

Jong man , dankie jy was braaf om dit te doen . Volgende keer as dit gebeur . druk jou middel vinger uit dat jou vuis soos n drie hoek is en dan slaan jy so hard as wat jy kan jou aan valler op sy adams appel , my maat dan wen jy en die ambulaans of die lyks wa kom tel daai ou op .
Jy was vining , maar as hy tyd gehad het om daai vuur wapen op jou te rig ? het hy geskiet . Slaan op daai manier en daai ou kanie skiet nie .

Diane Knell ·

My verloofde is so vier weke gelede gekaap in ons oprit terwyl die elektriese hekke toegegaan het het hulle ingehardloop met vuurwapens. Hy het menigmaal n geleentheid gehad om n hamer op te tel maar se as n vuurwapen heeltyd op jou gerig is is jy maar skrikkerig om iets te doen. Die skelms het ons soveel skade berokken, ons het wel ons voertuig teruggekry na twee weke maar so beskadig, mens kannie glo hulle kan n kar so opneuk nie. Dank aan my Hemelse Vader dat geen lewe geneem is nie. So n ondervinding leer ons om meer oplettend te wees!

lillian ·

Wees maar bedag … hulle wag tot die stof gaan lê en kom terug vir nog ‘n probeerslag … kry jou wapen reg en skiet die blixems dood!

“Dead men tell no tales”.

Ben Schultz ·

Baie dankie aan Maroela. Julle is uitstekend en almal glo saam dat nuus kosteloos moet wees! Hou so aan.

pop ·

My dogter en n maat is in hulle voertuig op hospitaal area aangeval. gelukkig het sy haar tazer by haar en begin toe links en reg hulle skok. een se wapen skoon uit sy hand geval in motor en ander een op grond ineengesak. Sy het wapen by polisie gaan ingee. Die tazers kos net sowat R300 vir goeie een en werk soos n bom. My seun het sy suster gevra om hom n skoon te skok, en hy se dis erg seer en jou go is uit. Hyt vir 3weke geloop met blou swam op sy boud

pop ·

My dogter en n maat is in hulle voertuig op hospitaal area aangeval. gelukkig het sy haar tazer by haar en begin toe links en reg hulle skok. een se wapen skoon uit sy hand geval in motor en ander een op grond ineengesak. Sy het wapen by polisie gaan ingee. Die tazers kos net sowat R300 vir goeie een en werk soos n bom. My seun het sy suster gevra om hom n skoot te skok, en hy se dis erg seer en jou go is uit. Hyt vir 3weke geloop met blou swam op sy boud

Tania ·

Hulle het ook een aand ons hek gelig,en in die karre ingebreuk om die radios te steel. Ons het pas in die huur huis ingetrek,paar weke voor dit gebeur het.My man het agterna n dik stuk staal aan die
bokant van die hek gesweis,nou kan dit nie hoog genoeg op gelig word om van die spoor af gelig
te word nie.Ons het ook n DIK SLOT,wat die hek ook saans kan sluit.Werk maar daardie DIK
STUK STAAL aan die bo-kant van julle elektriese heinings en bring ook maar DIE DIKSTE SLOT
aan wat jy kan. ONTHOU om elke keer jou hek te gaan sluit. MOENIE,na die hek gaan,as iemand jou roep na die hek NIE! Maak asof jy hulle nie hoor nie en LOOP DADELIK in jou huis in,los die pakkies
en kry almal in die huis in.Sluit jou deure.Kry solank jou wapen reg en hou hulle van binne dop! EN DIE BELANGRIKSTE -as jy ry vanaf die supermark – WEES OPLETTEND en kyk wanneer jy huis toe ry OF DAAR IEMAND JOU VOLG vanaf die supermark terrein al. As iemand jou volg- MOENIE
na jou huis toe ry nie,bly ry en kyk of die kar jou nog steeds volg.Bel jou huis en se vir die persoon
iemand agtervolg jou,sodat die persoon oplettend kan wees en dalk ook die bure laat weet-beskryf die kar vir hom.Ry jy na die naaste polisie stasie,as jy sien die kar jou bly agtervolg.Somtyds weet hulle klaar waar jy bly,maar
hulle wil he jy moet die elektriese hek oop maak,sodat hulle NET AGTER jou kan inglip,of hulle
wag tot jy in is en roep jou na die hek toe om kastig jou iets te vra- dan rig hulle die vuurwapen
op jou en se jy moet die hek oop maak.Dus moet jy ook vir die persoon wat by die huis is inlig
dat hy NIE BUITE moet gaan nie,want hulle gaan hom ook hek toe roep.Hy moet ook die sekuriteits mense laat weet wat aangaan.Hy kan ook sorg om als te sluit en selfs die vuurwapen reg kry.Kry die sekuriteits mense om saam met jou huistoe te ry,sodat jy veilig in jou erf kan kom. Sou jy vanf buite die kar uit pak en hulle stop weer daar-gan dadelik in die huis en druk die paniek
knoppie. Sorg dat jy n REMOTE kry wat aan jou kar se sleutels hang,sodat jy dadelik die knoppie kan druk wanneer nodig by jou huis en nie net die een teen die muur binne die huis nie.Hou die REMOTE ook langs jou bed.Wees bedag as jy NA jou motor loop vanaf die supermark,wie om jou staan ens.Laat weet die persoon by die huis om uit die huis te kom,omdat jy amper by die voorhek is,sodat hy ook kan dophou wanneer jy staan en wag dat die hek oop gaan.Hou dop jou voorhek as jy alleen by die huis is en moenie na die hek toe gaan nie,al staan daar iemand en toet ! As iemand in die dag by huis stop en jy ken nie die kar nie en jy is buite,moenie loop na die voorhek nie!! Gaan binne en bly binne,al het hulle jou gesien buite.Deesdae probeer hulle helder oor dag by jou erf inkom.Moenie jou hek oopmaak vir die aflewerings dienste nie- vat die pakkie deur die heining as jy kan en teken die papier en gee weer terug.MOENIE tuin mense by jou laat werk nie-hoor rond of daar skool kinders is wat dalk sak geld wil verdien en gebruik eerder hulle vrydae middae of saterdae of vakansie dae ens.Vind uit wie die ouers is en bel hulle ook,sodat ander weet wie by jou werk ens.Die ander kyk rond op jou erf wat dar is,of watter ruite
diefwering op het,is dar honde of nie,hoeveel hekke is sonder slotte,of die eerste par kere kyk hulle
of jy die deur en hekke maklik oopmaak sou hulle jou roep,want dan sal hulle baie maklik binne jou huis kan kom,sou hulle jou net roep.WEES OPLETTEND EN HOU JOU VEILIG!.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.