Ma, seun in huis doodgeskiet

Genl.maj. Solly Lesia, Vrystaatse waarnemende polisiehoof, het die “genadelose moord” op ʼn ma en seun van Thaba Nchu in die Vrystaat ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die publiek gedoen om vorendag te kom met inligting oor die voorval.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die 54-jarige ma was Maandag kort voor 20:00 besig om vir haar gesin in Ramakgari kos te maak, toe twee mans op die huis losgebrand het. Die mans het glo die huis binnegestorm en die vrou in die arms en maag gewond.

ʼn 27-jarige seun het hom in die kombuis in die aanvallers vasgeloop toe hy gaan ondersoek instel het. Hy is in die nek geskiet, waarna die aanvallers gevlug het.

Hy en die vrou is op die toneel dood.

Xuma sê ʼn sesjarige seuntjie het oorleef toe hy tydens die aanval onder ʼn kombuistafel ingekruip en daar geskuil het.

Een van die bure het die skote gehoor en die polisie ontbied. Die polisie het tydens die voorlopige ondersoek 11 leë koeëldoppies op die toneel gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting oor die voorval kan konst. Keabetswe Mogwera bel by 082 301 6381 of 051 875 1109.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Uiltjie ·

Die lesers swyg…want alles wat daar te sê is, is alreeds gesê. Niks help. Gee raad MAROELA!

Michael ·

Koop n blikkie doom en spuit die miere dood . Dit is hoe moord in hierdie land gepleeg word en die ANC doen net mooi niks omtrent dit nie Mense sit ons met n mal regeering of wat?

Ekke ·

En steeds sal ons president ontken dat hier aanvalle op die mense van Suid-Afrika geloods word.

Mariana ·

En so gaan die ons innige moorde voort. Mense word eenvoudig afgemaai. Die land is wetteloos en het in ‘n tuiste geword vir kriminele.

Dienkie ·

Nee @Michael ons sit nie met ‘n mal regering nie. Ons sit met ‘n regering wat nie ‘n dooie duit omgee vir die gewone mens op straat nie maar misdadigers word in watte toegedraai en hulle sogenaamde “menseregte” word beskerm. Die wetsgehoorsame burger het geen REGTE in Suid-Afrika nie.

Rosemary ·

Liewe hemel! Nee kyk, moord en doodslag vier hooggety in SA. Niks en niemand word ontsien. Kan my net indink hoe vreesbevange en getraumatiseer daardie 6-jarige kind moes wees.

Soos ek hier sit is ek omtrent moedeloos – wanneer gaan dinge ooit regkom in hierdie land???! Beter vraag: KÁN dit ooit….

willem Botha ·

Dit gaan erger en erger word todat die klomp in blou hulle werk begin doen en ophou ondersoek en meer aandag gee aan misdaad voorkoming en die misdaad stop voor dit gebeur.

GM ·

Die arme kind.
Nee Willem, ek dink die probleem lê baie hoër op. Die polisielede wat wel iets wil doen, word beperk deur mense bo hulle wat die toutjies trek. Hulle word uitgemaak as die misdadigers as hul ‘terroriste’ skiet wat afbrand en plunder.
Daar is natuurlik dié wat self misdadigers is, wat die goeies ‘n slegte naam gee.

Hennie ·

Dit het tyd geword dat die sogenaamde minister van Polisie sy tassies pak sy hoedjie op sy kop sit en gaan .Cyril Ramaphosa moet iemand in sy plek aanstel wat n besluit kan neem en sy besluit kan uitvoer en die Polisie mag regruk toe n eerbare en gerespekteerde nie nonsens vat van die rampokkers nie .A nders moet die man met die hoed gaan leer by die VSA , Brittanje Europa selfs sekere lande in Afrika hoe Polisiëring regtig toegepas word waar n Polisie man trots is op sy beroep en misdadigers sidder as hulle een sien

willem Botha ·

En kinders en wetsgehoorsame mense veilig voel as hulle n polisieman sien ,nou sien ons hulle as die vyand .

madels ·

Dis so verskriklik! Daai 6 jarige kind het n verskriklike geweldadige ding gesien. Mag die Here hom genadig wees dat hy erens hulp kan kry om daai trauma te kan deurwerk. Dis absoluut verskriklik! Ek kan nie dink wat hy en die res van die familie nou deurgaan nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.