Ma, seun op plaas vermoor

(Argieffoto)

Die polisie in Mpumalanga het met ʼn grootskaalse soektog begin ná die moord op ʼn ma en seun op ʼn plaas buite Nelspruit.

Nooddienste is glo Saterdag omstreeks 18:30 na die plaas ontbied waarna daar op die liggame van die ma en seun afgekom is, het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, gesê.

“Dit lyk of hulle met ʼn voorwerp, wat nog nie geïdentifiseer is nie, geslaan is. Hulle is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat daar verskeie items uit die huis gesteel is en die polisie ondersoek sake van moord en roof.

“Daar is onmiddellik met ʼn grootskaalse soektog na die moordenaar(s) begin. Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie.”

In dié stadium is inligting oor die voorval nog skraps en bewerings dat die man op sy vrou en seun se liggame afgekom het nadat hy patrollie op die plaas gery het, kon nog nie bevestig word nie.

Die polisiebestuur in die provinsie het sy kommer oor plaasmoorde uitgespreek. “Die ondersoekspan moet die verdagtes vinnig opspoor en aan die pen laat ry,” het genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad te skakel by 08 600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nic ·

stem saam ook so die ” our people ” regering net so useless

Reynier ·

Elke dag word iemand op ‘n plaas vermoor. Hoe kan mense nog steeds stry dat dit maar net ‘n misdaad is.

Anton ·

Miskien moet ons dit as ‘n “pandemie” verklaar dan sal die regering dalk iets doen

Keelvol ·

Reynier, daar’s wittes wat dit afmaak en die spot daarmee dryf. Hulle glo aan die elusie van die reenboog nasie. Gaan kyk maar op Facebook.

Werner ·

Mense ontken die terroriste oorlog waarin ons ons bevind.Die oorlog waarvan ou FW ons kwansuis gered het woed al wan 1993 af en het nooit opgehou met die 1994 verkiessing nie.

Flip ·

Stem saam met jou Werner en ou fw sit rustig en veilig in sy huis en hou homself nog hoog heilig….

Sarel ·

My vraag…na onlangse optrede van die Polisie ..doen hulle werklik moeite om die ” misdadigers” op te spoor ?

Lian ·

Klink eerder na bedekte geweldadige grondhervorming . Mense moet hulleself beveilig en by veiligheidsstelsels aansluit

Sarel ·

Indien die Polisie bekommerd is hoekom word mense wzt hulle srkf verdedig gearresteer.

Jessica ·

Motief vir die moord…?!? Die motief is om soos barbare onskuldige boere en hul gesinne uit te moor. Die gepeupel het geen respek vir lewe nie! Plaasmoorde word ontken deur ons eie Cyril.
Meneer die President, hoe sal jy voel as jy moet patrolleer om jou gemeenskap te beveilig en dan tuis te kom net om jou gesin dood op die vloer aan te tref? Nie n mooi prentjie nie, of hoe?Die skurke leef lekker in Suid Afrika, bedrog, moord en roof is klaarblyklik maklik in die plek. Onskuldige mense moet soos gevangenisse in hul eie huise bly terwyl die skelms pollevink in die strate.

Pieter ·

Mostert na die maal. Mense is alweer dood en daar word nou na die moordenaars gesoek. Pleks dat sisteme in plek gesit word om dit te verhoed. Sisteme soos
1. Beter strawwe en doeltreffende hofverrigtinge
2. Stabiele politieke klimaat verlos van kriminele in politieke posisies
3. Ekonomiese vooruitgang
4. Vervolg onmiddelik politieke onrusstokers en opstokers
5. Christelike inspraak in die samelewing
Laat daarmee begin word en so lewens spaar.

JM ·

Cyril en Bheki is stil, want volgens hulle bestaan plaasmoorde mos nie. Hulle sal voor die groot Regter gaan antwoord.

Nico ·

My innige meegevoel met die familie, hoe onnosel kan ‘n mens wees wat nie eers ‘n moordwapen kan uitwys nie, dit pateties en omdat die polisie nie hulle werk kan doen nie.

Anoniem ·

Ek het groot waardering vir ons Polisie…………………my eie skoonseun is in die Polisie en soos ek hom ken is hy hart en siel in sy werk…………………………..maar ek dink daar van Mnr Cele se kant is daar min ondersteuning!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.