Ma, seun op plaas vermoor

Ruben Gouws. Foto: Verskaf

Ruben Gouws. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou en haar seun is Saterdag op hul plaas tussen Elliot en Indwe in die Oos-Kaap vermoor.

Hermien Gouws (88) en haar seun Ruben Gouws (65) is Saterdagmiddag op hul plaas Pinevale buite die plaasdorp Ida vermoor. Pieter Venter, Hermien se skoonseun, het aan Maroela Media gesê Ruben is ná 17:00 buite die plaashuis deur drie verdagtes oorval toe hy die pluimvee gaan kos gee het.

Volgens Venter het die mans Ruben vermoedelik al buite die huis met ʼn skerp voorwerp gesteek waarna hulle hom in die huis ingedwing het. “Hy het die sleutels by hom gehad en dis hoe hulle toegang tot die huis verkry het. My skoonma se liggaam is in die eetkamer gevind. Sy is met haar serp verwurg en haar hande is vasgebind. Ruben se liggaam is in die sitkamer gevind. Hy het homself teëgesit en hulle het hom verskriklik verniel, die hele huis was vol bloed. Hy is uiteindelik met ʼn kombers verwurg. Sy hande was ook vasgemaak.”

Hermien Gouws. Foto: Verskaf

Hermien Gouws. Foto: Verskaf

Venter het gesê ’n plaasboer wat vir die dag in Queenstown was, het omstreeks 18:00 ʼn oproep ontvang van een van sy werkers wat by ’n sokkerwedstryd in die omgewing was. “Hy het gesê daar is moeilikheid in Ida, spesifiek op Pinevale. Daar het ʼn man by die sokkerwedstryd opgedaag, so 2 km van die plaas af. Hy was bebloed en het ʼn wapen by hom gehad. Plaaswerkers het die man in hegtenis geneem en die polisie ontbied.”

Volgens Venter is nog ʼn verdagte omstreeks 22:00 in hegtenis geneem terwyl ʼn derde verdagte vanoggend omstreeks 03:00 vasgetrek is. Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van moord en roof. Die verdagtes is onderskeidelik 22, 23 en 24 jaar oud. Sy het ook bevestig dat daar drie vuurwapens en kontant, wat tydens die aanval gesteel is, in die verdagtes se besit gevind is.

Ruben was voorheen die skoolhoof van Hoërskool Ida. Volgens Venter is twee van die verdagtes oudleerlinge aan die skool. “Ons het ook verneem dat twee van die verdagtes drie maande terug in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn plaaswerker en dat hulle op borgtog vrygelaat is.” Kapt. Roelofse kon dit nie bevestig nie.

Venter het gesê sy skoonma het vir 60 jaar op die plaas gewoon en dat sy vrou daar grootgeword het. “My skoonpa is in 1996 oorlede waarna Ruben, wat toe as departementshoof by die Efata-skool vir Dowes in Mthatha gewerk het, teruggekom het Ida toe om saam met sy ma op die plaas te woon.”

Volgens Venter het die boeregemeenskap en hul werkers in samewerking met die polisie die verdagtes aangekeer. Kapt. Roelofse het die gemeenskap bedank vir hul bystand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

steve ·

En weereens is die vuurwapens nie op hulle nie same old story elke keer. Word wakker mense ons lees amper elke dag hiervan. My innige simpatie aan julle en julle families

Mariette Hammann ·

Mnr Chris Gouws, gewese skoolhoof van Ugie, se vrou is in 2011 oorlede na ‘n aanval op hom en sy vrou. Hierdie is nou sy ma en broer wat vermoor is. Baie sterkte aan al die familie.

Winston ·

Weereens skokkend om van so n sinnelose (swart op wit) moord, te lees. 1.Ek begryp nie dat die polisie nie dadelik kon bevestig omtrent die situasie, van twee van die verdagtes nie. Die sisteem val ook seker uitmekaar soos ESKOM.
2. Enigiemand wat nou nog wonder op aanvalle op wit bejaardes en dink dit is gewone misdaad, loop in sy slaap.
3. Selfs die plaaswerkers raak al betrokke by arrestasies, wat begin tekens toon dat die polisie afwesig is of nie omgee nie. Iewers is fout met die regsmasjien.
4. Sterkte aan die families van die oorledenes.

Louise ·

Hoe is dit dat n n wit man so paar maande terug 70jr tronkstraf gekry het vir DIEFSTAL maar 3/4mnde is een van die verdagtes vrygelaat uit die tronk na hy moord gepleeg het???????? Baie sterkte aan die familie!

Marie ·

Dit help nie mens se bring die doodstraf terug, want daarvoor is ons regstelsel te korrup.

Bokkie Roets ·

Ai mense, ek het nie woorde nie. Is daar iemand behalwe God wat n plan het?. Ons plaasboere asook die blankes in hierdie land het n plan van aksie nodig.

Johan 2 ·

Trek na n Afrikaner “groeipunt” het ek al gehoor is een manier, wat dink u?

Homessteader in afrikaans ·

Nadat my oom op sy plaas wreed vermoor is en ek met ‘n mes teen my keel beroof was en my meisie in ‘n mislukte Hijack ondervind het en na die koels by ons local spar gewaai het ‘n blok van my huis af wat ons elke dag ontrent saam met my kind gaan inkopies doen het het alles hier binne my geskree uit, ons het nog niks oorgekom nie maar besef dis net ‘n kwessie van tyd.. In hierdie vrees en onsekerheid van my veiligheid kan ek nie meer nie, ek het toe ‘n klein ploitjie gekoop net buite pretoria 1.5ha in ‘n afrikaner groeipunt soos jy dit noem, dit is meer gemik op ‘n pro afrikaans om tussen jou mense met die selfde waardes te bly.

Ons het veiligheids wagte met beheerde toegang nie vreeslike hoe omheinings nie maar sekuriteid patroleer die area. Dit is ‘n uitdaging en ‘n half ja, ons het nie krag nie eskom is beskikbaar maar hoe koste om ‘n paal vir jou te instaleer waarop jy dan paal huur betaal en alles wat saam met dit gaan. Die plotte Is onderverdeel so jy is ‘n aandeel houer en nie ‘n volle titel houer nie wat dit nie die beste investment maak nie. Die woord volks eie arbeid besef jy die betekenis van dit goed, jy doen alles jouself daar is baie hande wat help maar arbeid kos R350 per dag en natuurlik die stigma van jou mede wit mens wat jou uit haal omdat jy so konserwatief is en gesien word as ‘n rasis.. dit maak die storie nogal heel moeilik.. Vir my gaan dit heeltemal oor veiligheid

Ons bly nog nie permanent daar nie en gaan net naweke en vakansies want ons kort nog baie om dit in ons werke in te pas maar laat ek vir jou so stel daar is nie iets lekkerder om na 3 weke daar aan te kom pik donker in die nag met niemand om jou nie en die kind en die vrou klim uit alleen om die hek oop te maak (omdat hulle wil en kan) sonder enige vrees binne jou nie. alles wat daar geskuif is het een of ander rede die wind of die son of een of ander dier wat iets aangevang het. My trekker staan met sy sleutel in, die battery se pool is net afgehaal dat hy nie afloop nie. Ek het ‘n R20 000 se wind turbine wat staan wat jy net kan vat, solar pannels is op grond vlak, quad bike staan daar nie toegesluit nie, grassneyr en staan net soos dit was. Ons het ‘n container wat ons omskep het ‘n ‘n huisie wat net toegessluit is met goedkoop slot. Daar is so baie goed wat ek kan vertel wat mens nie in geld kan meet nie net die volle gevoel van veiligheid is genoeg vir my, die kind verander so baie bietjie sonder tv en help eerder met tuin maak of vuur maak of ons moet die bure bel dat sy moet huistoe begin loop anders gaan sy in die donker loop nie oor gebvaar nie maar oor sy gaan nie kan sien waar sy loop nie, daar is soveel meer wat ek kan se. Maar dit gee my hoop dat ons wel weer veilig kan voel.

Ek wil graag baie meer se oor alles wat ons doen en die plannetjies maar om die vraag te beantwoord is dit prakties: seker nie as jy dit met geld en offord op papier neerskryf nie maar my persoonblike antwoord is geld het weer soos toe ek ‘n kind was heeltemal sy waarde in my oe verloor en om gelukig te wees, veilig te wees en vir jou familie eendag uit die tuin te kan voed sonder enige crap waarmee jou kos besoedel is is priceless eintlik is die vraag maar net wat is jou lewe en jou familie werd vir jou dan verander alles..

david ras ·

Ek weet ek het die volgende aanhaling al by herhaling op forum geskryf—
our watchword shall be: shamelessly flee from the strong, shamelessly attack the weak….
SA Communist party document : Operation Mayebuye

uit die binne voorblad van “The Communistisation of the ANC deur Gerard Ludi- voormalige polisiespioen wie se inligting in 1963 gelei het na die arrestasie van Bram Fischer, Nelson Mandela en andere waaruit die bekende Rivonia Verhoor gespruit het

Mayebuye was die kodenaam vir hulle beplande rewolusie.
Dit lyk of Mayebuye weer herleef het .

Babs ·

“Vry op borgtog en hulle pleeg weer moord”. Wie hulle ookal vrygespreek het is aandadig aan hierdie moord. Aanvalle op boere sal nie gestuit word as daar nie nou opgetree word nie.

Susan ·

En dan het hulle stories oor OSCAR????????? Kastig VROUE MAAND. Maar vroue word steeds vermoor. EN uit op BORG!!!!!! Maak nie sin nie.

Tilla ·

Wat vir my erg is, is dat twee van hulle oud-leerlinge was. Hulle het hom geken, maar die feit dat hy ‘n omgee en goeie mens was het hulle nie gekeer nie. Dis hartverskeurend…

Johan 2 ·

Ludolf wat stel jy voor as oplossing? Ek dink baie besef dit en vlug landuit.

Petro ·

Dit was die 14 de Aug 10uur en hul Sondag oggend vermoor my klein kind se onderwyser se skoon familie almal goeie mense

Andre Marais ·

AAI ! ! ! ! sooo TRAGIES en wat kan ‘n Mens meer sê van Hierdie Wonderlike Man wat SOVEEL OPGEOFFER het vir sy Medemens en so moes STERF en dit saam Sy Diebare Ma – Ek het Hermien Brittnell (Ruben se Dogter) se “Kommentaar” hierbo gelees en voel so Jammer vir Haar en al die Ander wat so geheg was en ‘n Band gehad het met Ruben en Sy Ma Hermien. Rus in Vrede Ruben en Hermien.

R Jou Skakel (http:// . . . . . ) hier-bo in Jou “Kommentaar” was so Baie Mooi om te lees en Baie Dankie daarvoor. Ek kan net NIE verstaan dat Mense nie die GOED in ander Mense kan Raaksien NIE en Leef en LAAT Leef NIE.

Met Elke Plaasaanval en of MOORD en selfs net met Kapings word Honderde en soms Duisende Mense se Lewens daardeur geraak en om NIE meer te mag LEEF en Vry te kan wees van die Bang en Angs gevoel nie is om van siek te word.

Die Onsinnige MOORDE op NIE NET Ons Plaas-Mense NIE maar op ALMAL is al LANKAL ‘n BAIE GROOT PROBLEEM en dit raak ALMAL van Ons wat die Land aan die Lewe hou (en dit is eintlik ‘n baie klein Persentasie van Suid Afrika se Bevolking) en SAL REGTIG MOET BEGINNE OPSTAAN VIR ONS REGTE EN IETS BAIE SPOEDIG EN DAADWERKLIK MOET DOEN VOOR DIT HEELTEMAL TE LAAT IS. Teen die Tempo wat dit NOU AANGAAN loop die UURGLAS VINNIG LEEG vir Ons.

susan ·

Dankie aan die plaaswerkers wat opgetree het, wys net mens kan nie alle mense onder dieselfde kam skeer nie. Aan die familie en alle plaasboere oek drajulle in gebed op.

Charlotte vdBerg ·

Dis so ñ sinnelose daad! Ons kan maar net glo dat God self in ons land sal ingryp!
Ons as buur gemeenskap dra die familie, vriende en boere op in gebed.
Ons is dankbaar die oortreders is gevang. Almal is bekommerd oor die toekoms van ons boere.
Sonder hul, geen kos nie!!!
Baie sterkte

Mariette Hammann ·

Net ‘n regstelling. Mnr Chris Gouws se vrou, Linie, is in Junie 2012 vermoor.

Annemie ·

Ek was goeie vriendin van Ruben. Hy sou bitter hartseer wees om die bogaande rassistiese kommentaar te lees. Dit sou hom soveel pyn doen om te weet dat sy dood haatspraak en rassisme wakker maak. Vir sy vrede onthalwe hou asb op en wees soos hy: vredeliewend, liefdevol, goed.

jozua ·

Sterkte aan almal in Suit Afrika my gebede gaan aan almal is SA van Ghana

Abel. ·

Die gebeure is onaanvaarbaar.Al wat die optredes sal bekamp is die doodstraf.
Hierdie twee weerlose geliefde mense het nog net goed gedoen aan ander mense.
Sterkte aan die familie en vriende.

SNEL ·

Ek stem 100% saam met jou Carmen, hulle moes nooit borgtog gekry het vir n moord nie, nou het nog twee mense hul lewens verloor as gevolg van iemand se nalatigheid. Dis tyd dat sulke mense wat moordenaars, verkragters op borgtog vrylaat, ook opgeskroef word, as daardie misdadigers weer dieselfde daad pleeg.

Pieter V ·

SNEL, Dit laat mens wonder of die regters en magistrate die kwalifikasies het om die pos te regverdig wat hulle beklee. IS dit nie tyd dat daar na hierdie mense se kwalifikasies en bevoegdhede gekyk word,dit kan ook wees dat van hulle aangestel is net omdat hulle anc kaders is.

Gys ·

My innige medelye aan Ruben se naasbestaandes – ek het kwalik tien jr gelede, in dieselfde omgewing en onder soortgelyke omstandighede, my broer Sokkies se bebloede lyk aangetref – mag die Liewe Vader vir julle hierdeur dra, ek het deeglik begrip. Terloops, ou Ruben was ‘n matriek klasmaat in 1968, dis ‘n groot skok en verlies.

vincent ·

Boere omhein jul huise met elektriese draad en honde, infrarooi kamera’s en klomp skietgoed. “Your are under attack and have to defend yourself!!”

Adel ·

Hulle sal die boer inwag wanneer hy dorp toe moet gaan. Hulle het baie geduld. Die boere moet eerder kyk of hulle mense met vooruitsigte in die lewe in wit plakkerskampe kan kry om behuising te begin op die plaas se grenslyne en ook deeltyds as arbeid op te tree soos nodig. Moordenaars soos die bogenoemde moet te bang wees om in te gaan want dit moet duidelik gemaak word dat slegs hulle lyke uitgelewer sal word omdat die plaas en gemeenskap die doodstraf op daai gebied terug gebring het. Onthou hulle is lafaards en werk in groepe wat ou mense en kinders teiken.

erich ·

Presies Adel, die boere moet begin saamstaan, ek glo daar is duisende goeie mense at so ‘n geleentheid sal aangryp, ander sal maar aanhou kripeer, maar saam kan die wat wil kans he om te oorleef!

Carol ·

Stem saam was die naweek op n plaas vir n troue die boere het geen sekuriteit sisteme in plek ons bly in dorp het elektriese heinings dubbel diefwering voor vensters, veiligheidshekke, beams,alarms en veiligheidshekke voor kamer deure, dit is asof die boere nie besef daar is moordbendes daar buite nie.

BoereBikerBbby ·

Dit is baie tragies dat die twee mense hul lewens moes verloor het vir net ‘n paar rand. Ek is bly die werkers het opgetree en die verdagtes vasgetrek. Dis min wat mens hoor dat die plaaswerkers so iets sou doen, gewoonlik is hulle die verdagtes. Wel gedaan aan die werkers, net ‘n jammerte dit was te laat om te help met die aanval… RIV

Sue ·

Ek het nie meer woorde nie, in ons familie en. Vriende het ons 22 moorde gehad! Van die moordenaars is alweer op vrye voet. Aan die Familie en Naasbestaandes my innige simpatie.

Piet ·

Uit op borg! Die regter wat borg toegestaan het moet ook sommer aanspreeklik gehou word.

Theresa ·

Daar moet drasties iewers nou iets gebeur…………….. Wragtig. dit kan nie so aangaan nie!!!!!

Treurgrond ·

My innigste simpatie teennor die familie. Dis tyd God dis tyd vir U om in te tree. Dit raak waarlik net nag in ons land. Waar is Jerusalem – sing ‘n loflied saam. Ons is te bang om even werk toe te gaan – te bang wat op die strate aangaan. Net te bang te bang…..

sandra johan labuschagne ·

Verslae, skokkend, grusaam daar is nie genoeg woorde om hierdie barbaarse optrede te beskryf nie. Die regering bekommer oor skole, huise, grondhervorming en duisende ander dinge maar ……….as persone nie God ken en Hom aanvaar as hul enigste Saligmaker nie…………….sal ons altyd met hierdie barbaarse element te doen hê. Maar kom ons as gelowiges klou vas aan wat ons weet ons enigste Anker is. STERKTE AAN DIE VERPLETERDE FAMILIE, ons dra jul elke dag op aan ons Hemelse Vader.

neelsie ·

Niemand verdien om so te sterf nie!!
Hoekom gebeur sulke slegte goed met goeie mense?
Sommige vrae bly onbeantwoord.
Mag die gesin die vrede van God ondervind.

Johan ·

Dis tragies en my hart gaan uit na die families wat agterbly. Ek is seker Ruben en tannie is Miemie by ons liewe Vader. Ons moet aanhou om ons Vader se aangesig te soek want ons krag kom eerstens van Hom. Dan moet ons ook as ‘n gemeenskap saamstaan en die gaping vul wat deur ‘n korrupte en onbevoegde staat gelaat word. Daar is eintlik net een beweging om te oorweeg – Afriforum. Soos almal is ek te besig om self op elke gebied betrokke te wees by dit wat my gemeenskap raak – misdaad, onderwys, gesondheidsorg, werkskepping ens. Ens. Maar ek kan deur my maandelikse bydrae Afriforum in staat stel om mense voltyds in diens te neem om my belange te beskerm – en dan kan ek inskakel en help waar ek kan. Ek ken ‘n hele paar jongmanne wat graag as ‘n “gapjaar” betrokke sal wil raak by ‘n plaaswag. …Liewe Vader gee ons wysheid en krag om onsself hier aan die Suidpunt van Afrika in stand te hou, U lig te laat skyn en ons roeping te vervul!

John ·

Weereens geweldadig en barbaars. Moord en roof. Ons is alreeds in tronke en nie huise. Is dit deel van die menseregte wat in die grondwet opgeteken is? Waar is die gemeenskaplike harmonie? Hoekom sulke barbaarsheid? Die sisteem is besig om ons te pootjie en dit veroorsaak onnodige spanning. Mense moet wakker word. Uhuru is met ons.

Marinda ·

My liefste vriend Ruben en tannie Hermien Julle was ENGELE hier op aarde Nou beklee julle die EREPLEK langs JESUS Julle loon is baie groot Baie sterkte aan al die kinders en kleinkinders

Ruan Swan ·

Ek will net strekte se aan Rudolf,Nadine en Lizel Gouws leerlinge van Hoërskool Wesvalia ons is hier as julle enige hulp of bystand ht di Wessiefamilie is altyd daar vir one mede skooliere.

Jolena Botha Kruger ·

Dis so tragies om te hoor van Chris se moeder en broer wat so wreed vermoor is. Ek staan woordeloos met my hande gevou na Bo. Heer omvou vir Chris en sy familie met U liefde genade en vertroosting. Ons is innig jammer oor julle geweldige verlies en hartseer. Seenwense en sterkte Krugers OL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.