Ma, seun sterf in brand

Argieffoto (Foto: SABC)

Argieffoto (Foto: SABC)

Argieffoto (Foto: SABC)

Argieffoto (Foto: SABC)

ʼn Ma en haar seun is dood nadat hulle plakkershut vroeg Maandagoggend in Durban Deep in Roodepoort afgebrand het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.

“Die ma en seun is op die toneel dood verklaar. In die stadium is die oorsaak van die brand nog onbekend maar ons ondersoekspan is op die toneel,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die nooddienste, gesê. Die brand het omstreeks middernag uitgebreek.

Intussen het minstens 12 plakkershutte in Mzimhlophe in Soweto afgebrand. Die brand het omstreeks 01:00 Maandagoggend uitgebreek. “Niemand is beseer nie en die oorsaak van die brand word ondersoek. Ons rampbestuurbeamptes is ontbied om hulp te verleen aan die families wat geraak is,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.