Ma, seun sterf op pad na toernooi

Sarina en Rico van Zyl. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap het op ʼn hartseer noot begin nadat ʼn ma en seun onderweg na die toernooi verongeluk het.

Die kampioenskap vind by die Birchwood Hotel & Conference Centre in Johannesburg plaas. Anne Huisamen, voorsitter van Sedibeng Skaak, het aan Maroela Media gesê Sarina van Zyl en haar seun, Rico, was van Sasolburg na Johannesburg onderweg toe hulle verongeluk het.

Rico was in die o. 14-span van Sedibeng Skaak. Hy was na verneem word 12 jaar oud. Huisamen kon nie meer besonderhede oor die ongeluk bekend maak nie.

Daar is intussen Sondag tydens die opening van die kampioenskap ʼn minuut van stilte gehou ter ere aan Rico en sy ma. Die organiseerders van die kampioenskap het hul meegevoel betuig met die oorledenes se familie en vriende. ʼn Skaakbord sal vir die duur van die kampioenskap oopgehou word vir Rico.

Grootmeester Wesley So het die amptelike opening van die kampioenskap behartig. Die toernooi is die grootste skaakkampioenskap in Suid-Afrika en een van die grootstes in Afrika.

Wesley, wat van Minnesota in die VSA gekom het om die kampioenskap by te woon, het gesê hy is bly om in Suid-Afrika te wees en het sy opgewondenheid uitgespreek oor die nuwe generasie skaakspelers by die toernooi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Muffin ·

My innige simpatie met die familie. Dit is vreeslik hartseer.
Pragtige seun op so jong ouderdom. Dit voel vir my ek wil hie meer nuus kyk nie.
Sterkte vur die familie en pa.

Philip ·

Ai so tragies. Wat ‘n opwindende kompetisie vir hulle gewees het eindig in hierdie tragedie. Innige simpatie en mag onse Here julle bystaan in die oomblikke.

Mariaan ·

Agge nee tog..dis tragies! Ek verstaan nie hierdie goed nie…hoekom moet mense se lewens so verwoes word…sterkte aan die familie

Ann ·

Sjoe, ek het nou die deel van die skaakbord wat oopgehou sal word hardop vir my man gelees, ek kon amper nie praat nie …. dis so hartseer!!!

Andrea ·

Ag nee, dis so tragies! Eks bitter jammer vir die familie en vriende. Baie, baie sterkte, krag en genade vir julle.

Geel Heksi ·

O jinnejies…my hart staan sommer stil as ek my indink in daardie gesin en familie se seer.
Mag God daardie bitter beker wat verby hulle kom met troos en liefde vul.
Ek is so so jammer.

IK ·

Na alle waarskynlikheid dieselfde ongeluk (kop teen kop) Saterdagoggend naby die Taaibosspruit op die R59. Dit is ‘n uiters gevaarlike gedeelte waar daar enkelbane in beide rigtings is. Hierdie gedeelte pad is bekend vir talle sterftes maar skynbaar stel die verantwoordelike owerhede nie belang om ‘n dubbelpad te bou. Ook is voertuigbestuurders verantwoordelik weens die ongeduld waarmee daar voortgesnel word ongeag padomstandighede.

Bea ·

Dit is so hartseer. veral voor Kerstyd… my Innige meegevoel aan hul Famile en Geliefdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.