Ma, seun vas ná foto’s van aanranding versprei

(Foto: SA Polisie)

ʼn 52-jarige vrou en haar 30-jarige seun is in hegtenis geneem ná foto’s van ʼn 12-jarige meisie, met kneusplekke aan haar gesig, wys op sosiale media versprei is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het gesê die verdagtes, Beuty Mercy Nkosi (52) en Siphosethu Seun Nkuna (30) het na bewering op 6 Maart 2021 die meisie aangerand. Die polisie het vinnig reageer toe die slagoffer die saak aangemeld het. Die twee is in hegtenis geneem.

Nkuna, ʼn plaaslike verpleër, het aangevoer die meisie het oneerbiedig opgetree waarna sy aangerand is. Nkosi het glo die meisie tydens die voorval vasgehou. Nkuna voer aan hy wou haar “ʼn les leer”, het Hlathi bygevoeg.

Die meisie kon eers die Maandag die saak aanmeld toe sy ʼn patrollievoertuig van die polisie teëgekom het.

“Beamptes het haar na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak.”

Die beskuldigdes het in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn. Hulle is vrygelaat op borgtog. Hulle moet op 15 April 2021 weer in dieselfde hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert ·

Hopenlik het die aanranders nou baie tyd om te leer hou jou pote tuis. ‘n Pak slae op sy tyd is reg maar aanranding is heeltemal onnodig

ElizeK ·

Verpleër nê!!! Mag ek nooit sy versorging benodig nie, want om n 12 jarige kind aan te rand terwyl sy vasgehou word, spreek boekdele van sy naaste liefde. Hy is beslis in die verkeerde beroep, moet dalk vir ou hoed gaan werk.

Persheks Adri ·

Kry wragtag borg! Wie sê hulle gaan dit nie weer doen nie? Die land is in sy glory in

Mariana ·

Hulle kry borg en dan nou ook weer kans om die slagoffer te intimideer. Sy is net 12 en het geen verweer teen sulke gemors nie, maar dat sy dit wel kom aanmeld by die polisie is goed.

Yvonne ·

Nou kom die weerwraak vir die arme kind…ek hoop iemand beskerm haar

Cecilia ·

Sy moet sommer geskrap word vd verpleer rol.
Om n kind aan te rand omdat sy vlgns haar “oneerbiedig” was. Het d mampara dalk gedink dat respek verdien word en nie gewys word net omdat jy ouer is nie!
Maar d regstelsel het weer d kind gefaal want d 2 is al klaar op borgtog. En hul gaan d arme kind en familie nou seker dreig en intimideer totdat d saak truggetrek word.

Misky ·

Skokkend!!!! So die ma hou haar vas dat n man (ja haar broer, maar daai ouderdom is hy n man) haar kan aanrand. Siek, siek, siek!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.