ʼn Ma het Sondag in die vroeë oggendure gesien hoe die motor wat haar man bestuur het, teen ʼn vragmotor in die ooste van Pretoria bots. Die botsing het die lewe van die man en vrou se tweejarige kind geëis.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 00:20 in Simon Vermootenweg plaasgevind.
“Volgens inligting van die toneel het die vrou in ʼn ander motor agter haar man aangery toe die botsing plaasgevind het. Die kind het saam met die pa in sy motor gery,” het Botha gesê.
Die kind was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die pa was in ʼn ernstige toestand en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die botsing word ondersoek.
Ja, of die vragmotor het n U-draai gemaak in die middel van die nag en hulle kon hom nie sien nie.
Of Pa en Ma het baklei en pa het met kind in die kar gespring en weggejaag met ma agterna…. Daai tyd van die oggend? Twee karre een gesing??????????
Jinne, daar is mos 100’e redes hoekom ‘n gesin met twee voertuie ry. Ons besige skedules veroorsaak dikwels dat ons met twee voertuie by funksies opdaag en dan daarna saam, in twee voertuie, huis toe ry.
Weet jy, dit is glad nie die geval nie. Hierdie mense is huis pelle van ons en hulle was by ‘n funksie gewees. Hulle het al baie met twee karre gery want haar man werk Saterdae. So as jy niks moois het om te se nie, bly eerder stil. Daar was glad nie ‘n baklei nie, dit was ‘n awesome dag…