Ma skenk seun se organe: ‘Hy sou mense ook só wou help’

Storm Smorenburg

“Hy was ʼn baie vriendelike kind wat met enigiemand kon gesels. Hy was ʼn gentleman.”

Só sal Lisa Smorenburg haar enigste seun onthou. Storm Smorenburg (18) is Vrydag in ʼn hospitaal in Mosselbaai oorlede nadat hy die vorige dag ernstige kopbeserings opgedoen het in ʼn ongeluk op die perseel van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal.

Smorenburg het haar seun se organe geskenk. “Dit was nie vir my ʼn moeilike besluit nie. Hy het daarvan gehou om mense te help en ek het geweet hy sou mense ook só wou help.”

Storm, wat in die koshuis van die Hoër Landbouskool Oakdale was, was Donderdagoggend saam met skoolmaats van die koshuis na die eksamenlokaal op pad toe die ongeluk gebeur het.

“Van sy vriende het met ʼn bakkie van die koshuis na die skool gery. Storm het op sy longboard [ʼn langer soort skaatsplank] gery. Daar was vriende agter op die bakkie ook en toe die bakkie by hom verbyry, het hy aan die bakkie vasgegryp.”

Volgens Smorenburg het Storm ʼn entjie saamgery voor hy sy greep op die bakkie laat vaar het. “Hulle het nie vinnig gery nie, want daar is baie draaie in die pad. Ek vermoed hy het sy een voet neergesit om te probeer stop, maar dat daar nog te veel momentum was en hy toe gegly en agteroor geval het.”

Storm is onmiddellik op ʼn trauma-draagbaar geplaas en met die bakkie na die Riversdal-hospitaal gehaas. Die skoolhoof het intussen die hospitaal gebel en dokters het gereed gestaan toe Storm by die hospitaal aangebring is. Hy is gestabiliseer voor hy met ʼn private ambulansdiens na ʼn hospitaal in Mosselbaai vervoer is. ʼn Motor het saam met die ambulans gery om die pad oop te maak.

Smorenburg was in die Kaap toe sy die nuus oor die ongeluk ontvang het. Die hospitaal het haar later gebel en gevra of Storm geopereer kan word om die drukking op sy brein te verlig. “ʼn Baie goeie vriendin van my was van die begin af saam met Storm. Sy was saam met hom by die hospitaal tot ek daar gekom het.”

Dokters kon egter niks vir Storm doen voor die drukking op sy brein gesak het nie en hy het glad nie weer wakker geword ná die val nie. Daar is vir Smorenburg gesê dat haar seun geen breinaktiwiteit het nie. “Daar was niks wat ons kon doen nie.”

Storm, wat in Junie 18 geword het, was mal oor die buitelewe. “Ons woon op ʼn plaas in Riviersonderend en hy sou sommer met sy motorfiets op die plaas gaan ry. Hy sou na die rivier ry om daar te gaan sit of swem.”

Hy was ook baie passievol oor lewensredding. Storm het opleiding by ʼn kampterrein in Riversdal ondergaan en het vakansies as lewensredder by Lappiesbaai-strand in Stilbaai gewerk.

ʼn Gedenkdiens vir Storm sal Woensdag in Riviersonderend gehou word en Vrydag by die Hoër Landbouskool Oakdale. Hy word ook oorleef deur sy pa, Hendrik Louw, sy ma se twee broers en ʼn ouma.

Bronagh Hammond, direkteur van kommunikasie by die Wes-Kaapse departement van onderwys, het vroeër gesê berading is by die skool beskikbaar gestel ná Storm se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Dankie dat julle ten spyte van jul eie onmeetbare hartseer soveel ander mense help…. Saluut!

Arno Scheepers ·

Julle ontsettende hartseer bring vir ander hoop. Mag julle pragtige seun voortleef in die wat n kans op die lewe kry agv sy organe. Baie sterkte vir julle vorentoe. Beterskap ook vir die ontvangers. Ons kan gerus almal daardie voorbeeld volg.

Susan Peters ·

Anoniem, ek stem! Voorwaar ‘n onbaatsugtige gebaar. Ons gesin was bevoorreg om twee jaar terug ‘n orgaan oorplanting in ons familie te kon he….’n tweede kans, as gevolg van iemand se liefde vir hul medemens. Dankie

Hanlie ·

Dankie vir die eerbare daad wat julle doen. Baie sterkte met julle groot verlies.

Mel ·

Wat ‘n heldedaad! Hul moet in ons land vir die orgaan skenkers ” a organ donor walk of respect” hou ! Ek saluut saam ! Sterkte aan sy naasbestaandes en RIV Storm

Abel ·

Dankie aan julle onbaatsugtige liefde, ten spyte van julle vreeslike hartseer en verdriet is julle bereid om ander mense te help.

God seen julle!! Sterkte met die pad vorentoe

Rodney Warwick ·

Tragic – a parents worst nightmare; unfortunately teens and young men particularly often take risks without consideration – most of us went through that dangerous phase unscathed, but sadly this youngster Storm did not .

Johanna ·

Baie dankie dat Storm se organe geskenk is vir oorplanting. Onbeskryflike hartseer vir sy gesin, familie en vriende met sy sterwe. Onbeskryflike vreugde vir die ontvangers van sy organe. R I P Storm.

Ongeloolik Dankbaar ·

Ons familie kan jul nie genoeg bedank vir die onbaatsigtige gebaar om sy organe te skenk nie want ons broerskind se seun wat sistiese fibrose het, het sy longe gekry wat perfek gepas het en die oorplanting was reuse sukses . Julle het weer nuwe lewe vir ‘n ander se seun gegee. Hy sterk pragtig aan. Baie dankie, ons sal ewig dankbaar wees en glo my dat ons hele familie altyd vir Storm sal onthou en laat voortleef binne ons broerskind.

Nici ·

WOW ???? dis fantasties !!! Spoedige herstel word die seun toegewens

Wenner ·

Wow! Wat n fantastiese manier om jou kind se lewe te vier!!

Hermaansie ·

@Rodney Warwick, you say it with great compassion and without pointing fingers. I love that the full story was told so that the rumours could end and the friends can start the long healing process too. He sounds like a young man who LIVED to the last moment and his mom made such a brave and generous decision.

Nog 'n ma ·

LIsa, ek bid ddat ons Hemelse Vader jou styf sal vashou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.