Ma skiet seuns en toe haarself

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Ma van Kraaifontein in die Wes-Kaap het haar drie seuns geskiet voor sy haarself om die lewe gebring het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 06:00 Saterdag in Bernadino Heights plaasgevind.

“Die 43-jarige vrou en haar 21-jarige seun is dood. Die vrou se 14-jarige tweelingseuns is gewond. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.”

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is een van die tweelingseuns in die kop geskiet en in ʼn kritieke toestand. Die ander seun is in die hand en arm geskiet. Albei is op die toneel behandel voor hulle na die Tygerberg-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die ma en ouer seun is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ora ·

Wat dryf ‘n ma tot so’n daad ? As dit lewensomstandighede is dan is die wêreld nie meer ‘n mooi plek nie.

Mellie ·

Genoeg was duidelik vir haar genoeg. Wens mense wil meer uitreik na mekaar en omgee vir mekaar. Dis ontsettend hartseer.

Tariana ·

Dink vandag se lewe, as n vrou vir hulp vra, word sy gesteunig. Dis baie hartseer dat ‘n ma dit doen. Daai vrou moes ‘n vrees gehad het, dat die kinders in ‘n gemors gedompel sou word, as sy haar lewe sou neem… presies net dit wat gebeur het. Ai… mens vra altyd hoekom? Maar net sy sou die antwoord kon gee. Voel baie jammer vir die kindertjies. ‘n Ma is veronderstel om liefde te wees en te gee…

Mellie ·

Genoeg was duidelik vir haar genoeg. Wens mense wil meer uitreik en omgee vir ander. Ontsettend hartseer.

Anoniem ·

Ag nee, dis vreeslik erg! Nou bly die tweeling alleen agter. Of nog erger, dalk bly net een van die tweeling alleen agter. Ek het nie woorde nie….

Stem saam ·

Ek stem 100% met jou saam Carol. Jys 100% reg. Ek stem ook saam al die bogenoemde kommentare. Dis vreeslik vreeslik ontsettend hartseer. Wat moes deur daardie mamma se kop gegaan het voor sy die daad gedoen het. Mense voel net mooi niks meer vir mekaar nie?

Katryn ·

Carol ek stem heelhartig met jou saam! Ons pragtige Suid Afrika is en staan op sy kop! Wie het almiskien ‘n oplossong? Vader alleen weet!

Marieta ·

Dis nie omstandighede of die toedrag van sake in die land se skuld nie, die vrou se psige was nie reg nie, pleks sy het net haarself weggevat, daai seuns is onskuldig.

Pietser ·

Hartseer maar kom wereldwyd voor. SA nie uniek in die opsig nie.

Carolina ·

Die arme ma was seker in so diep gat van depressie dat sy nie meer die uitkoms gesien het nie. Miskien finansieël swaar gekry. Hoe sal ons weet wat dryf mens na die laaste uitweg in haar wanhoop. Baie hartseer, sterkte aan die boeties.

sioux ·

mag sy rus kry vir haar siek. so jammer sy het dit nodig gevind om haar kinders se lewens ook te eindig. dit is wat omstandighede in die land onder sielsieke leiding aan sy mense doen.

Ettienne ·

Wel ek voel jammer vir die 2 wat agter gelaat is maar vir sulke selfsugtige patete wat ander se lewens ook wil neem om dat hy / sy te bang is om alleen die wereld te verlaat het ek nie tyd voor nie.

tinah ·

hallo Ettiene, kan jy jou in haar skoene indink, ? nee ek het gedinkkkkkkkk jy kan nie. pasop. ons leef almal in glashuise, laat ons maar die klippe los.

Tanya ·

Ek kan nie se dat ek met jou saamstem nie en ek kan ook nie met jou stry nie. My broer het sy eie lewe geneem en ek wens vandag nog dat ons meer gedoen het om hom by te staan. Dit het my pa ook van binne opgevreet en my pa is nie lank na hom oorlede nie. Dit is ontsaglik hartseer.

Redz ·

Vlgs Sondagkoerant is haar man paar jaar terug oorlede en sy kon nie oor sy dood kom nie. Hy het haar baie goed nagelaat, so finansieel het dit nie sleg gegaan nie

Fiefie ·

Redz, ek lei aan depressie…. en op daardie stadium kan NIEMAND niks vir jou koop of doen om jou te laat beter voel nie. So dit maak nie saak of haar man haar baie goed nagelaat het nie, geld maak nie als reg nie en koop ook nie alles nie

Marietha R ·

Mag God haar genadig wees…sy moes só desperaat gewees het…

Antoinette ·

Geen mens kan oordeel nie,om oor te gaan na so n daad toe moet jy baie desperaat wees.Die moeder het gedink die kinders sou beter wees om hulle samet haare te neem as om hulle agter te los in n deurmekaar land.Niemand weet wat werklik deur daardie moeder se kop gegaan het nie.Die tekens moes daar gewees het as sy aan depresie gely het.Ons kan nie vinger wys nie.

Meraai ·

Saak van moord en poging tot moord teen wie? Die berig sê die ma is die beskuldigde en sy is oorlede? Wie het hul lyne gekruis? Maroela Media of die SAPD?

Liza ·

Ja nee dit is hartseer, maar wat my die hel in maak is hoekom altyd kinders ook saamvat, nou moet die tweeling alleen deur hierdie verskriklike deurmekaar lewe gaan, en ek is jammer om dit te se, sy is onselfsigtig en ek oordeel nie, sal nie weet wat deur haar kop gegaan het nie, maar dis onnodig……. Rus in vrede en sterkte aan die tweeling……….

Fiefie ·

Liza, OF sy het gehoop die tweeling bloei dood, of dit was nie sy wat die dade gepleeg het nie. As sy hulle wou saamvat het sy beslis nie die een in die hand en in die arm geskiet nie, en hoekom sou sy die tweeling wou agterlaat en nie die ander boetie nie? Dit maak mos nou GLAD NIE sin nie of hoe? Ek het ‘n klein seuntjie van vyf en ek het noudieaand ‘n angsaanval gehad omdat ek weet as ek eendag doodgaan gaan hy moontlik agter bly en sonder sy ma groot word… Dit is beslis een van my grootste vrese.

Ina ·

Lees Openbaring. Nie verniet die laaste hoofstuk van onse Bybel nie.

Ria ·

Liewe aarde, soveel opinies en oordeel…..nie een van ons weet of sal ooit weet presies wat daar gebeur het, wat aanloop daartoe gegee het of wat die ma gedink het nie. Wat van gebede in plaas van ons opinies oor mense wat ons glad nie ken nie?

André ·

Aneesah Arrison het blykbaar haarself en haar 3 seuns geskiet omrede sy nie haar man se dood 2 jaar terug kon verwerk nie.

Denise ·

So hartseer dat mense sommer net oordeel ek stem 100% saam met Ria!!!!

Tanya ·

Dit is ontsaglik hartseer. Ek dink nie ons land doen genoeg om mense met depressie en biopoler by te staan nie. Het julle al gesien wat kos ‘n konsultasie by ‘n psigiater? Vanaf R1500 en op. Nie elke mens kan dit bekostig nie en dit is hartseer want die staats instansies gee nie regtig om wat van jou word nie. Jy word geklassifiseer as “mal” en dit is dit. Rus in vrede onbekende vrou en seun. Sterkte vir haar kinders wat met soveel vrae agterbly.

Fiefie ·

Tanya, jys reg. En ‘n mens se familie staan jou ook NOOIT by nie… hulle sien dit as “jy soek aandag”. Het dit my hele lewe lank met my ma veral beleef. Op skool was ek ‘n erg depressiewe kind en my ma het dit afgelag en gese “kom oor dit, die lewe skuld jou niks”. Ek het juis die sielkundige opgehou sien ‘n jaar terug a.g.v finansies, en laat ek jou se, die 3 weke wat daarop gevolg het was vir my ABSOLUTE hel

Esme ·

ASSEBLIEF hou op OORDEEL! Dankie vir julle wat probeer verstaan. Dit juis omdat mense psigiatriese siektes so veroordeel dat hulle GEEN idee het waaroor dit gaan!!! Jy wat se die ma is ‘n pateet om dit te gedoen het, hoe weet jy? Weet jy hoe dikwels het kinders net so seer en kies hulle die uitweg omdat dit lyk na ‘n uitweg. HOU OP oordeel as jy nie depressie het en of kinders daarmee en of ander psigiatriese siektes. Ons oordeel nie diabete of persone met brille nie….hoekom altyd so oordeel. Dit juis hoekom mense so desperaat raak want niemand luister of verstaan regtig as jy nog nooit daar was. Psigiaters en medikasie is ongelooflik duur en nie almal het mediese fondse nie. Dit is so seer om magteloos te wees teen die seer wat depressie bring…..Vader sal nie oordeel nie, wie is ons om te oordeel? Asseblief hierdie dade het niks met Christenskap te doen, baie dikwels is dit juis mense wat ongelooflik lief vir Vader is maar op ‘n breekpunt van GENOEG kom. Het ons dan die Vrug van die Gees heeltemal vergeet teenoor ons medemens?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.