Ma slaan glo 2-jarige met klip dood

Argieffoto

ʼn Vrou van Nababeep in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar tweejarige kind met ʼn klip doodgeslaan het.

Brig. Mohale Rametsaba, woordvoerder van die polisie, sê die 33-jarige vrou het die seuntjie na bewering Vrydag om 19:40 uitgeneem in ʼn veld naby Jakkalswater waar sy hom vermoor het. Volgens Rametsaba het die vrou haarself later aan die polisie oorgegee.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, maar sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” sê Rametsaba.

Die vrou sal Maandag in die plaaslike landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Brig. Francis Hender, bevelvoerder van die Namakwa-polisiegroepering, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulp te soek wanneer hulle deur maatskaplike uitdagings in die gesig gestaar word eerder as om tot kriminele aktiwiteite oor te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Verwonderd ·

Ek staan verwonderd daaroor dat iemand so wreed kan wees. Nog meer verwonderd dat daar gesê word kry maatskaplike hulp. Dis is basies nie bestaande. .

Johan H. ·

Lyk my daar moet ook n 16 dae aktivisme teen vroue gehou word deur mans en kinders,is nie die eerste maal dat n ma haar kind doodmaak nie!hipocrates!!!!!

Dries du Toit ·

Dis verskriklik. Dit gebeur a.g.v. die ekonomiese verval in die land. Mense sien nie meer n uitkoms nie en verval in depressie wat hulle stapelgek maak. So baie mense wonder waar gaan hul brood more vandaan kom

Sê maar net 1 ·

Twak.as jy boos is is jy boos. Jy het altyd ‘n keuse. Ekonomiese verval my voet. My voorouers was brandarm en het nie sulke goed gedoen nie

Dries du Toit ·

Ja dit is waar semaarnet. Daar is baie bose mense maar solank hy n lewe maak en hy kan die lewe bekostig word daai boosheid onderdruk. Ontneem jy hom van daai dinge word daai boosheid n instrument waarmee hy die lewe geweldadig wil verander

Nellia ·

Alweer n moord naby Jakkalswater Gasteplaas.
Paar jaar gelede het die Bestuurderes van Jakkslswater ook een van Nababeep se kinders daar vermoor en begrawe op die plaas naby die Hoofhuis.
Wat gaan in dai geweste aan.

Wonder ook ·

Nellis, ek het nou net dieselfde ding gewonder… Jare gelede belang gestel in een van hulle bestuurders. Na die tweede date het die “crazy” begin wys en het ek in n ander rigting ingeslaan!

Oujongvrou ·

Duistere boosheid wat tussen ons is. En dit word gevoed en nie hokgeslaan nie.

Wimpie ·

Doodstraf moet terug gebring word.. dit gan te lekke in die tronk die dat niemand omgee om mee tronk toe te gaan nie. En dan moet ons belasting vir hulle sorg.

Nellia ·

KORREKSIE :
Jakkalswater se Bestuurderes se seun was aanspreeklik vir die wrede moord op n tiener meisie van Nababeep.

Cornelia ·

@Dries, jy is reg. Dit is deel van die ma’s ter sprake se probleem. Mens vra ook waar is die “Pa?” Dan draai ‘n mens ook na gesins-en familie ondersteunings pilare? Die regering se betrokkenheid in die skep van werksgeleenthede wat gesinssorg se grootste uitkomsgebasseerde hulpbron is. Wie nie werk nie, het selde iets om te eet. Pa’s kan uit omstandighede “verdwyn”. Gee die kind weg? Dalk het sy probeer? Maar ‘n kind aanvaar nie so iets nie. Die ma het dalk bittereinder opsies gehad. Min mense maak gebruik daarvan. Selfs onder blankes! Dit wemel van skokverhale uit ons eie midde! @Johan H. Jy wil die muggie uitsif maar die kameel insluk. Die breë werklikheid van kindermishandeling en kindermoord sal jou beskaam!

Elsa ·

Sonder om te oordeel, vra ek myself af wat gaan in so ‘n tyd in ‘n ma se kop en haar hart aan? Daar word so maklik gesê mense moet hulp kry, maar baie sulke klein dorpies het nie eens welsynswerkers nie of die mense doen nie hul werk nie. Ek bly ook in so ‘n gemeenskap, waar werkloosheid, armoede, hongersnood, alkoholisme en dwelmmisbruik onder die jongmense, hoogty vier. Almal is nie te lui om te werk nie, want daar is eenvoudig net nie werk nie. Beslis is daar oor morele verval, maar die goeie mense kry net so swaar. Gelukkig kry die kinders kos by die skool, maar wat van die kleintjies by die huis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.