Ma sterf, kinders beseer in trompopbotsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en haar drie kinders, insluitend ʼn eenjarige baba, is beseer toe twee voertuie Sondagaand reg van voor op die N12 buite Potchefstroom gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is voor 19:00 na die toneel ontbied waar hulle een van die voertuie se wrak in die veld langs die pad aangetref het. “Van die insittendes, onder wie die eenjarige baba, is uit die voertuig geslinger. Dié kind was in ʼn kritieke toestand,” het hy gesê.

Foto: ER24

Foto: ER24

Volgens Vermaak het die ander twee kinders, wie se ouderdomme nie bekend is nie, matige beserings opgedoen. “Daar was ongelukkig niks wat vir die ma gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die voertuig, vermoedelik die pa van die kinders, was nog in voertuig. Hy het geringe beserings opgedoen.”

Vermaak het gesê twee insittendes in die ander motor het matige beserings opgedoen. Een van hulle is na ʼn hospitaal geneem terwyl die ander vervoer na die hospitaal van die hand gewys het. Die beseerde kinders is almal na ʼn hospitaal in Potchefstroom gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kobus ·

Net so graag wil ek ook weet Callie…want ons is deur die land versprei…”ons weet nie wat het die naweek in Potch gebeur”want daardie info is deur die media beslis gemis of minstens deur MM.

Sê maar net. ·

Ek stem saam met bekommerd. Alle noodlottige ongelukke is nie altyd kop aan kop nie. Van nader bekyk lyk dit beslis of die voertuig ‘n U draai gemaak het. Hy is beslis van die kant af geslaan . Kop aan kop botsings sal alby karre se neuse gefrommel gewees het.

Netekke ·

Vir my as leek lyk dit ook nie na ‘n trompop botsing nie. As jy kyk na die skade, nee ek dink nie so nie.
Wat sê die kundiges?

Kobus ·

Ja Snoefie…dit lyk my dis nie net ek wat die probleem het dat my kommentare verwyder word nie…dit gaan die hele naweek so by elke berig waar ek kommentaar lewer…dan praat hul van Vryheid van spraak…ek doen nie haatspraak of rassisme…maar dalk sny my lem te dun vir MM se standaarde….wil dalk polities korrek wees….ek weet noual ek mors my tyd…WANT HIERDIE KOMMENTAAR SAL OOK NIE GEPLAAS WORD!

mel ·

Ek was oppad van di lughawe af oppad Klerksdorp toe en op di toneel afgekom, dit was afgryslik want een van di liggame was ni mooi toe gegooi ni, maar ek bid vir daardie families vir bonatuurlike krag van bo

pieter ·

As die voertuie so lyk watter SPOED ry die mense nie. Kyk die ongeluk op die N1 by Hammanskraal. Voertuie skeur uitmekaar dis verskriklik.

Scalla ·

is dit nie ironies dat al die voertuie betrokke gewoonlik swart luukse kragtige motors is nie.

Helene ·

Dit wil voorkom of hierdie n voertuig was wat n u-draai voor die ander aankomende voertuig aan die linkerkant gemaak het en sodoende beheer verloor het. Jammer van die ma van die kinders wat oorlede is. Sterkte aan almal betrokke.

Mark ·

Die voertuie was op neus op wiel getref. Altwee regs voor. Die insittendes van blou voertuig heel moontlik nie gordels aangehad nie. Ek was een van eerstes op toeneel.

Kobus ·

Hel Mark…dit moes sleg gelyk het….en n mens is so magteloos as jy die pyn en dood sien…so n gesig bly n mens lank by…glo my

Bekommered ·

Was self verby die toneel net nadat dit gebeur het. Persone het nog in blou kar gesit en nog nie uitgeklim. Was verskriklik om om die oorledene te moes ry sonder dat sy toegegooi is.

Kobus ·

Mark wat is jou afleiding…is dit spoed,roekeloos bestuur of n verby steek wat die moontlike oorsaak van ongeluk is….

Mark ·

Kobus my opinie is noe spoed maar meer verbysteek poging, en die sitplek gordels en kinder karstoele se afweesigheid. Ek glo spoed sou die veel erger gemaak het vir oorlewendes.

Kobus ·

Ai ai…so onnodig….daar altyd n lydende party in n ongeluk

Raaiwerk ·

Lekker raaiwerk. Maak dit verpligtend met elke voertuig om ‘n aanboordkamera (dashcam) te hê. Sodoende sal alle twyfel uitgeskakel wees.

SNEL ·

Hierdie is seker die gedeelte na Potch oppad Pta toe en dis n enkeld en dan weer dubbel pad. Dis n frustrerende pad om te ry en baie mense vat kanse en gaan verby as hulle sien n kar kom van voor af en dan sny hulle voor die ander kar in om betyds uit die pad te kom. Een van die twee karre moes so kans gevat het en die stamp aan die kant is natuurlik van probeer om die ongeluk te vermy. Kry die onskuldige party baie jammer. Mense waag kanse met ander se lewens en om by te las, as hulle “overtake” ry hul beslis ook nie 120km nie.

Scalla ·

Sterkte aan die naasbestaandes, Daai pad dra geweldig swaar verkeer en is plekke enkelbaan met dubbel baan by sommige dele, te veel blinde hoogtes, hoekom is daar nie jare terug al n dubbel pad gebou soos tussen potch en klerksdorp nie, ek verstaan daar gaan nou eers een na mafikeng gebou word. Prioriteite moet reg gekry word.

Matmiet ·

Dit kan ook wees dat die een voertuig n ander verby gesteek en en die aankomende een het geskrik en die stuurwiel geruk wat veroorsaak het dat die motor sywaarts begin gly het en sodoende teen die kant getref is en dis hoe die een voor skadebhet en die ander een gerol het. Die een is n Mercedes 6.3 AMG wat mense teveel krag gee en dink jy kan kanse vat. Aan die kant van die swart Mercedes het hy ook skade van hoe die ander voertuig moontlik na die tref om geswaai het en daar getref het en toe begin rol het. Hierdie is net n opinie en nie n feit nie.

Alida ·

Genade tog wat maak dit tog saak hoe dit gebeur het, Dit het gebeur en mense is dood punt. Los die ondersoekwerk vir die SAPD. Te veel slim mense probeer ongelukke ontleed terwyl hulle agter ‘n rekenaar sit. Geen ongeluk vind opsetlik plaas nie.

Kobus ·

Verskil van jou Alida….Eerstens….baie ongelukke vind plaas asgevolg van verskeie redes….roekelose bestuur en onpadvaardige voertuie…in hierdie ongelukkige geval wil dit voorkom asof dit nuwe voertuie is…maar dit laat ons nog steeds by die roekeloos…Tweedens…nie ek of jy soos ek kan aflei was daar toe dit gebeur het nie…maar soos Mark dit gestel het was hy een van die eerste mense wat hulp probeer verleen het….Derdens…dit is nie vir ons om die ondersoek en wetlike aspekte wat gebeur het te doen….maar tog word inligting uit geruil wat die moontlike scenario kon wees wat tot die ongeluk gelei het….Vyfdens…soos deur mede kommentators uit gelig het….is die pad gevaarlik en dit is tog n waarskuwing vir ander mede MM lesers as hul daardie pad sou gebruik…om versigtiger te bestuur…

Alida ·

Haai rerig Kobus. Asof die SAPD hulle aan ons kommentare gaan steur.

CQ ·

Alida, jy sê ongelukke gebeur nie opsetlik nie – en ekt nogals altyd saam met jou gestem- maar na ons hierdie vakansie op daardie Potch pad asook naby Sabi en Graskop, moes “duck and dive” vir ongeskikte, ongemanierde, ongeduldige , roekelose bestuurders wat dink die pad behoort aan hulle en geen padreels hoef toegepas te word nie – is ek geneig om van opinie te verskil. Hierdie roekelose padvarke oortree OPSETLIK die verkeerswette….
Dit is die onskuldige gesinne wat so tragies geraak word.
Sterkte aan elke liewe gesin wat geliefdes verloor het in hierdie vakansietyd.

SNEL ·

CQ, jy is 100% reg. Geen respek vir ander se lewens, al wie tel is hulle en 120km is vir die voëls.

willie van der schyff ·

Wat baie ontstellend is, is al die motors, veral die donker van kleur motors wat tydens reënweer en net voor donker sonder ligte ry. Is die bestuurders te onnosel om die begrip van om gesien te wees en nie om te kan sien waar jy ry nie?

Emily ·

Lees berig in Huisgenoot. Spoed, onverskilligheid, haastigheid, roekeloos en sommer net windgat wees is meeste van die tyd die rede vir die onnodige ongelukke. Daar is duisende padvarke op ons paaie.

Leon ·

As ek so na die ongelukke en fotos kyk, besef ek dat ons eintlik op so ‘n groot afgrond staan.
Ek was in Australië die afgelope vakansie, en dit was inderdaad die grootste “eye-opener” gewees in baie jare.
1. Veiligheidsgordels word vasgemaak deur ALMAL in die voertuig sodra die deure toe is, voordat enjin aangeskakel word.
2. Kinders onder, ek dink 7 jaar, sit in kinderstoeltjies, en vas gesespe….geen uitsondering.
3. Ek het nie een persoon op selfone gesien terwyl hul bestuur of selfs passassier is nie.
4. Spoedgrense en reëls word deur almal gehoorsaam.
5. Spoedgrens op hoofpaaie is 110Kpu.
Hoekom dit so is…………………..mense gee om, en die wet word toe gepas!
Ons kan klippe na almal gooi, maar dit begin by onsself. Wees eerlik met jouself, watter van die bogenoemde het jy die afgelope vakansie oortree???

Dot ·

N12 tussen Jhb en Potch is die pad van die dood. My man en seun is op die N12 in motorongeluk oorlede. En Ek was amper 2 keer in trompop botsing betrokke. Agv ‘n Taxi en die ander keer ‘n Voertuig wat verbysteek op sperstrepe en waar hul weer kanse waag om trokke en voertuie te verby steek. Ek ry glad nie meer die N12 pad nie. Ry eerder Potch Parys of alternatiewe pad om tot by die hoofweg dit wel 20km verder maar dit veiliger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.