Ma sterf met twee dogters in motor

(Foto verskaf deur ER24)

ʼn Vrou is Donderdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R54 tussen Potchefstroom en Fochville. Haar twee dogters, vyf en 12 jaar oud, was saam met haar in die motor.

Russell Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 13:30 by die toneel opgedaag. “ʼn Motor het langs die pad op sy dak gelê. ʼn Vrou en ʼn vyfjarige meisie het naby die motor gelê. ʼn Meisie, vermoedelik 12 jaar oud, het op die toneel rondgeloop.”

Paramedici het die persone ondersoek en bevind die vrou het reeds aan haar beserings beswyk. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die vyfjarige was in ʼn kritieke toestand en die 12-jarige het slegs geringe beserings opgedoen.

“Die vyfjarige is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die 12-jarige is privaat na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Klaarblyklik geen ander voertuie betrokke. Natuurlikis dit steeds net waarskynlik.

Mieke ·

Hoe verskriklik hartseer… My innigste simpatie aan die familie. Ek bid dat die 5 jarige dogtertjie goed sal herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.