Ma sterf ná talle steekwonde

Die vrou is met verskeie steekwonde gevind. (Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook)

Die liggaam van ʼn 62-jarige vrou is Donderdag met verskeie steekwonde in haar kombuis in Everest Heights, KwaZulu-Natal, aangetref.

Volgens Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is beamptes omstreeks 15:48 na die huis in Olivineweg in Verulam ontbied nadat ʼn man nie sy suster telefonies in die hande kon kry nie. Volgens die vrou se bure het hulle haar Woensdagoggend laas gesien.

“Rusa-beamptes het bloed by die kombuisdeur opgemerk en ʼn vrou se liggaam deur die venster gesien. Beamptes het die deur oopgedwing om toegang tot die huis te verkry,” lui Rusa se verklaring.

Nooddiensbeamptes het die vrou op die toneel ondersoek en gevind dat sy minstens ses steekwonde opgedoen het. Sy het ook trauma aan haar gesig en kop opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Rusa-beamptes was op die toneel. (Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook)

Die vrou se 38-jarige seun is glo Woensdag om 16:20 by die huis weg ná ʼn beweerde geskil met sy ma. Hy het glo in haar rooi Toyota Corolla weggejaag.

Terwyl beamptes die toneel gefynkam het, het ʼn familielid van die vrou ʼn oproep van ʼn onbekende man ontvang. Hy het beweer dat die slagoffer se handsak in Mayville, Durban, gevind is.

“Die oproep is glo van die slagoffer se seun se selfoon gemaak en die familielid beweer hy kon die seun in die agtergrond hoor.”

Volgens die vrou se familie het haar seun ʼn geskiedenis van dwelmmisbruik. Hy het sy ma glo Sondag gedwing om R3 000 vir hom te gee. Hy het glo die volgende dag by sy ma se werk opgedaag en nog geld geëis.

Die man het sy ma glo verskeie kere vantevore met die dood gedreig en het glo dieselfde met sy oorlede pa gedoen.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder. Maroela Media het ook ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

(Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Die Boerepompie ·

Wat n gemors kan fie ANV nie sien huur is iets nie teg in ons land nie dat men so wil moor

FM ·

ek wil vriendelik vra dat jy lees wat getik is voordat jy stuur.

Elinette ·

Boerepompie, die ANC sit nie in mense se koppe nie … Selfs al kan ons baie van die slegte goed in die land aan die ANC toedig, is hierdie nie een daarvan nie. Hierdie was ‘n geval van (vermoedelik) ‘n dwelmafhanklike kind wat sy ouer vermoor het (na bewering) vir dwelmgeld. Die ANC kan darem ook nie Pa staan vir ALLES wat in ons gemeenskappe met mense verkeerd is nie.

Belinda ·

ek hoop die wetter kry ook n 1000jr tronkstraf… jis hoe aggressief moet mens wees om mense so dood te steek met n mes?

Belinda ·

Die duiwel is los!
Gaan lees die Bybel en sien Matthew 10:21 – “Brother will betray brother to death, and a father his child; children will rebel against their parents and have them put to death.

koos10 ·

Belinda, die duiwel is nog altyd los. Gaan lees jou Bybel, dit is sy selfopgelegte taak om Christendom te verwoes. Dit het al in die Paradys begin.

isabelle ·

dankie vir die vers ”eye opener” so hartseer wat nou gebeur

Peetjie ·

Rus in vrede liewe vrou – en ek hoop geregtigheid sal vir jou geskied
..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.