Ma sterf, pa en kinders ernstig beseer

Die ongeluk het ’n entjie suid van Beaufort-Wes gebeur. Foto: Google Maps

ʼn Vrou is dood en haar man en twee dogters ernstig beseer in ʼn motorongeluk by Beaufort-Wes.

Die ongeluk het Dinsdagaand omstreeks 20:00 op die N1 ʼn entjie suid van dié Karoodorp gebeur toe die gesin op pad in Leeu-Gamka se rigting was en hul motor omgeslaan het, sê Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaap se nooddienste.

Reddingsbeamptes het sowat twee uur lank geswoeg om die oorledene (in haar vroeë 40’s) se liggaam uit die voertuigwrak te verwyder, sê Daniels.

Haar dogters, onderskeidelik 8 en 14 jaar oud, is saam met hul pa (ook in sy vroeë 40’s) met ernstige kop- en rugbeserings in die provinsiale hospitaal op Beaufort-Wes opgeneem.

In nog ʼn ongeluk Dinsdagaand in die Karoo is ʼn man en ʼn vrou (albei in hul 50’s) sowat 30 km buite Murraysburg in die rigting van Graaff-Reinet ernstig beseer toe hul motor ook omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ronel ·

Wiel het heel moontlik gebars, of soos wat my ma gebeur het, sy het aan die slaap geraak agter die stuur, van die pad af gery en van die geskud wakker geskrik, die stuur gepluk, die hoë skouer van die pad getref en die kar het dwars oor die pad geskuif, ‘n klip getref en gerol of dan nou omgeslaan.

DS ·

Ag asseblief ons almal WEET of ek het aangeneem ons almal weet ‘n kar slaan nie net om nie – baie oorsake – so na ondersoek geloots is sal daar wel uitsluiting wees oor die oorsaak. Byvoorbeeld band het gebars of persoon het aan die slaap geraak van uitputting. Feit is dis een lewe te veel wat verloor is my innige meegevoel aan die gesin dis moeilik om ‘n moeder so vroeg in mens se lewe te verloor.

Freud ·

Jy sal verbaas wees. Ek was in persoon teenwoordig in ‘n groot gras parkeerarea waar daar net grondpaadjies tussen die motors was. Een man het aangery gekom, nie gejaag nie want hy was reeds tussen die ander motors, by ons verby gery waar ons gestaan het en die volgende oomblik was die kar op sy sykant en toe dak. Hoe? Maklik gebeur. Sonder spoed. Sommer net so.

Elsa ·

Nag ryery nie altyd ‘n goeie opsie nie…sou motor meganies iets makeer waar kry jy hulp?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.