Ma sterf toe gesin se voertuig rol

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Ma is dood en haar man en vier dogters ernstig beseer nadat die gesin se motor Saterdagmiddag op die N1-snelweg ongeveer 15 km buite Polokwane gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die vrou is uit die voertuig geslinger toe dit verskeie kere gerol het. “Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die voertuig gerol het nie,” het Meiring gesê. “Paramedici het die vrou se liggaam vyf meter vanaf die wrak van die voertuig aangetref. Sy het reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk.”

Volgens Meiring was die pa en vier dogters, almal tussen twee en agt jaar oud, steeds in die wrak van die motor vasgekeer. Twee van die dogters was in ʼn kritieke toestand.

“Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is,” het hy gesê. “Plaaslike polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek kan nie glo wat ek lees en het die berig ‘n paar keer gelees.
Ek het nie woorde . . .

Gallie ·

Dit is so hartseer dat so iets gebeur het. Veiligheidsgordels is tog so belangrik en het al baie lewens gered. Sterkte aan die familie en ek hoop die vader en dogters sal herstel van hul beserings, maar van die pyn om iemand te verloor, nooit.

Johan ·

Dit gebeur so baie op daai pad. Break ‘n mens op dit te sien…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.