Ma sterf toe sy kleuter uit brandende huis wou red

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn 40-jarige vrou is dood nadat sy haar driejarige dogtertjie uit hul brandende huis in die Merelisa-nedersetting in Ngqamakhwe in die Oos-Kaap probeer red het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma het Donderdag omstreeks 18:30 haar vier kinders by die huis agtergelaat om na ʼn winkel te gaan. “Terwyl sy in die rigting van die winkel gestap het, het sy haar kinders hoor skree. Hulle het haar geroep om terug te kom en gesê die huis is aan die brand,” het Manatha gesê.

Die ma het haar teruggehaas en besef haar driejarige dogtertjie is steeds binne die huis. Sy het by die brandende huis ingehardloop om die kleuter te red. Die ma én haar dogter het egter in die vlamme gesterf.

Volgens Manatha is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie. Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

Manatha kon nie die ouderdomme van die kinders wat die brand oorleef het, bevestig nie.

Hy het gesê die oorledenes se name sal bekendgemaak word sodra al hul naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Colleen ·

Dit is baie erg. Hopelik is daar iemand wat na die oorlewende kinders kan omsien.

Katerina ·

Ai dis hartseer, en haar arme ander kinders,hoe gruwelik traumaties vir hulle.

Koos ·

Die hart van ‘n ma. Daar kan geen sterker liefde wees nie. Sy het die hoogste offer gebring om haar kind te red.

Iemand ·

Dit is vreeslik hartseer. As daar nou iemand is wat wil veroordeel, dink so daaraan. Meeste van ons MaroelaMedia lesers sit in huise met elektrisiteit en meeste van ons huisgesinne het n broodwinner. Die mense wat so in plekkerskampe lewe sukkel erg, moet nie die ma veroordeel nie

Sarel ·

Die tragedie van die Informele Nedersettings. ‘n Ma wat sterf om haar kind te red.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.