Ma sterf tydens ongeluk, twee kinders kritiek

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Vrou het Donderdagmiddag op die R614 Tongaat in KwaZulu-Natal verongeluk en haar twee kinders, onderskeidelik ses en nege, is in ʼn kritieke toestand.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê paramedici is na die toneel ontbied en ooggetuies het berig ʼn vragmotor en ʼn motor het gebots.

“Die vrou se liggaam was in die motor vasgekeer. Sy het noodlottige beserings opgedoen,” het Herbst verduidelik. Daar moes van meganiese toerusting gebruik gemaak word om haar liggaam uit die motor te verwyder.

“Die twee kinders is albei op asemhalingsmasjiene. Een van die kinders is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en die ander is per ambulans vervoer.”

Die bestuurder van die vragmotor is vir geringe beserings behandel.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Dis baie tragies !!!! Sterkte aan die twee kindertjies word gou gesond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.