Ma, suster glo deur Witbank-vrou doodgeskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Twee vroue is Vrydagaand in Witbank, Mpumalanga vermoedelik deur ʼn gesinslid doodgeskiet.

Stanley White, voorsitter van Del Judor x4-gemeenskapspolisiëringsforum, het aan Maroela Media bevestig hy het laat Vrydagaand ʼn oproep ontvang van iemand wat glo ʼn oproep van die persoon ontvang het wat haar ma en sussie na bewering doodgeskiet het. Die vrou het glo gedreig om ook haarself dood te skiet.

White en nog ʼn lid van die GPF is na die huis waar ʼn man uiteindelik die deur oopgemaak het. Die vermeende aanvaller het glo bewusteloos oor haar ma gelê. Die sussie is in een van die ander vertrekke aangetref.

Die GPF het die polisie en paramedici ontbied. Die ma en haar dogter is op die toneel dood verklaar.

ʼn Nadoodse ondersoek sal na verwagting Maandag gedoen word.

“Die vermeende aanvaller is in die hospitaal,” het White gesê. “Sy is nog steeds bewusteloos. Sy bly onder bewaking.”

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie in Witbank.

Lees meer: ‘Skiet my dood,’ smeek Witbank-vrou glo na moorde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KarooKlong ·

Tragiese geval. Medelye met die res van die gesin.
Hoe is dit dat sy op die toneel bewusteloos was, en nog steeds is?

cs ·

KarooKlong, soos ek verstaan het sy pille gedrink en daarom is sy nog bewusteloos in die hospitaal

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is skokkend. Ek glo dat die lewe net té veel geraak het maar om ander te vermoor sal ons nie verstaan. Ek was betrokke by ‘n vrou wat waar ons gebly het aan die oorkant van die straat haar polse wou sny. Ek moes al my krag gebruik om die mes uit haar hand te kry . Daarna het sy haar hart en gemoed teenoor my uitgestort.
Die les is dat ons moet luister na ons medemens se hartseer. Wat vir my nie ‘n probleem is kan vir iemand anders ‘n grote wees en andersom.
Die selfmoord onder ons jeug is ook skokkend en klaarblyklik kan ons nie veel daaraan doen.

Wern ·

Ja dis waar, ons moet luister, betrokke raak, omgee vir mekaar.

Stephanie ·

Wat ek Lees en Wern,
Ek stem saam. Ons moet leer luister na ander.
MAAR… weet julle hoeveel keer praat, vertel en wys mense aan ander dat hulle hulp nodig het en daar kom geen reaksie nie. Die rede daarvoor is dat mense trots is en op allerhande maniere praat oor probleme en hulp wat benodig word, maar dit nie in direkte woord se nie. Dus word hulle hulpkreet nie regtig gehoor nie. Ons moet leer om tussen die lyne te lees en hoor. Onthou trots kan n strykel blok wees. Maar ek verstaan ook hoekom soveel mense nie reguit praat oor probleme nie. Hulle hoop en bid die ander sal verstaan en hoor dat hulle hulp soek, maar te skaam is om dit in soveel woorde te se.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.