Ma tref tienerdogter dood in kamer aan

Argieffoto: Pixabay.com

Die raaiselagtige dood van ʼn 15-jarige meisie van Limpopo word ondersoek nadat haar ma haar Donderdag dood op die vloer van haar slaapkamer aangetref het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Mathibela-nedersetting in Zebediela buite Mokopane gebeur.

Volgens Ngoepe het die tienermeisie vir haar ma gesê dat sy ʼn bietjie wil gaan rus en dat haar ma haar later moet wakker maak. Toe die ma later na die meisie se slaapkamer is, het sy gevind dat die deur gesluit is. Sy het geklop, maar geen antwoord gekry nie.

“Die ma het ʼn spaarsleutel gebruik om toegang tot die kamer te kry en toe die skokkende ontdekking gemaak. Haar dogter se liggaam het op die vloer gelê met braaksel langs haar,” het Ngoepe gesê.

Die polisie en nooddienste is onmiddellik ontbied, maar die kind is op die toneel dood verklaar.

Ngoepe het die meisie geïdentifiseer as Elisa Mosa Masenya, ʼn graad 9-leerder aan die Rusplaas Secondary School.

Die oorsaak van die tiener se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Geen vuilspel word egter in dié stadium vermoed nie en die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Piet ·

Zebediela wat bekend was om die grootste lemoen plaas in die wereld te he (wat nou aan die regering behoort) onder leiding van die baie bekende Dr Piet Quin en werk te verskaf aan duisende mense, haal deesdae die nuus vir ander redes. n Gebied wat so vol belofte was het ten gronde gegaan en lyk my die mense daar se hoop is ook verlore. Baie mense, geen werk.

Cindy ·

Piet – mense gaan oral dood. Ek dink nie die lemoen plase of die feit dat baie mense geen werk het nie, het iets met die dogter se dood te doen nie. Die polisie vermoed geen vuilspel nie. Dalk was sy siek en niemand het geweet nie

linda ·

@ Piet! my pa het vir die “trust kooperasie” gewerk so lanklaas gehoor hoe iemand van Zabediela praat………… ai waar is dit alles heen? so so hartseer niks het oor gebly

inelkgeval, ek dink dalk het die kind haar lewe geneem
sterkte aan die ouers die mamma sal nooit weer dieselfde wees,
depressie? druk?
Here hou hulle vas asb

Bertus ·

Piet, ek het daar groot geword. Dit was so lekker om op daai plaas te bky. Toe kry ons eendag briewe wat ons net n week gee om van die plaas af te kom. Ek was so 6 maande terug daar en daar is nou niks meer nie. Tot die grote kremetart bome is alles uitgehaal om plek te maak vir huise. Nou staan die huise sommer al waar die lemoen boorde was.

Laitie ·

Dit het van n lemoenplaas na n mensplaas verander, met gepaardgaande armoede en sosiale verval.

Chris Venter ·

Baie tragies my innige simpatie met die familie. Ek wonder net hoe die ma die deur oopsluit met n spaar sleutel as sy die deur van binne gesluit het?

Piet ·

Cindie mense gaan oral dood, maar dalk moet mens die vraag vra waarom SA in die top 25 lande val wat die hoogste moord syfer in die wereld het, al is statistieke moontlik aangepas om beter te lyk. Dit sluit lande waar oorlog is in. Die geweld in die Zebediela gebied is beslis merkbaar, jy hoef maar net gereeld MM te lees. Werkloosheid en misdaad loop ook beslis hand aan hand. Om terug te kom na die berig, ‘n tiener sterf nie sommer net ( after n geslote deur nogal), met braaksel wat by haar mond uit loop nie. As ek moes raai sou ek dink sy het gif in gekry, maar vir my klink dit nie natuurlik nie.

rollie ·

Dis selfmoord nie moord nie (ons lê 54ste saam met Nieu-Seeland). SA se moordsyfer is laer as die wereldgemiddelde.

madels ·

Die storie klink baie snaaks, hoekom sou sy vir haar ma gese het sy moet haar wakker maak as sy wou selfmoord pleeg? Sy was baie moeg en wou bietjie gaan le, miskien het iemand vir haar gif ingegee en sy wou toe gaan slaap omdat sy nie lekker gevoel het nie? Dis verskriklik wat hierdie ma nou deurgaan.. verskriklik!

Piet ·

Nope, my vriend hierdie keer is jy verkeerd. Kyk op wikipedia,”A survey for violent crime 1990- 2000 by the United Nations ranked SA second for assault and murder (by all means) per capita in 60 countries. Total crime per capita was 10 in 60 countries”. Ons is so ver van NZ se stats dat ek jou liewer nie daarop sal antwoord nie. Sederd 2000 het die situasie vererger, maar ek hoef dit nie te gee nie, dis mos beskikbaar op die internet.

Piet ·

Kyk gerus op internet na “top 10 most safest countries in the word”. New Zealand word slegs deur Ysland geklop. Ek vind dit vreemd dat statistiek net ‘n druk van n koppie weg is en tog plaas mense “inligting” wat so ver af is, mens sal dink daar ‘n paar ratte kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.