Ma tronk toe ná sy nie dogter se verkragting aanmeld

Argieffoto

ʼn 36-jarige ma van die Noord-Kaap is tot direkte tronkstraf gevonnis nadat sy stilgebly het oor die beweerde verkragting en aanranding van haar dogter deur laasgenoemde se stiefpa.

Die ma en stiefpa van die 15-jarige meisie is op 30 Desember 2018 in hegtenis geneem deur beamptes van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Hartswater.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, is hulle in hegtenis geneem nadat ʼn saak van verkragting op 27 Desember 2018 by die Pampierstad-polisiestasie aanhangig gemaak is.

Die beweerde verkragting en aanranding het glo reeds in 2015 plaasgevind.

Die ma en stiefpa is tydens vorige verskynings borgtog geweier. Die saak is na die Taung-streekhof in Noordwes oorgeplaas waarna die ma Donderdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

Die verhoor van die stiefpa moet nog plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lollapot ·

GEEN simpatie met die ‘ma’ nie. . . Jou sleepsel moet NOOIT belangriker word as jou kind, of jou kind se veiligheid en welstand nie! Hoop ander ‘ma’s’ leer ‘n les hieruit, JOU KIND KOM EERSTE! En vir jou stiefpa? my wens is dat jy vrot in die tronk. . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.