Ma tronk toe oor seksvideo’s met seuns

court-hammer_thumbʼn 36-jarige vrou van Bethlehem in die Vrystaat is tronkstraf opgelê nadat sy erken het dat sy video’s vervaardig het waarin haar twee seuns, onderskeidelik vier en 10 jaar oud, haar seksueel bevredig het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is tot 44 jaar tronkstraf gevonnis en dat sy minstens 15 jaar daarvan moet uitdien. Volgens Mophiring het die skokgebeure aan die lig gekom nadat die 10-jarige seun in Maart vanjaar die polisie gekontak het.

“Daar is beweer dat beide kinders gedwing is om hul ma seksueel te bevredig en dat die ma die dade verfilm en dit aan haar 26-jarige kêrel gestuur het op sy selfoon,” het Mophiring gesê. Die ma en kêrel is in hegtenis geneem en die kinders is in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Volgens Mophiring het die ma tydens haar verhoor in die Bethlehem-streekshof erken dat sy die dade gepleeg het en sy is skuldig bevind aan gedwonge seksuele aanranding, seksuele gereedmaking van kinders en die seksuele skending van kinders. “Videobewyse is in die hof voorgelê,” het Mophiring gesê.

Die kêrel sal op 23 Februarie volgende jaar in die hof verskyn. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leeutjie

Hierdie monsters (ma en kerel) moet uit die samelewing verwyder word. Daar waar hulle brein behoort te wees is niks! Ek hoop sy gaan tronk toe en dat hulle haar gal vir haar sal werk! Gemors van ‘n ma. Ek het aan iets meer kras gedink as gemors…..

Chivago

Hoeveel sieker kan die samelewing nog word? Net sodra ek dink dit kan nie erger wees nie, lees ek berigte soos hierbo. Mevrou / mejuffrou / IETS, want jy is die naam MA en VROU nie werd nie, mag jy kry wat jou toekom in die tronk.

Marie Jacobs

Hoe siek kan ‘n mens wees? Hulle moet uit samelewing verwyder word. Arme kinders

Anelle

Vader hoe in die lewe kan ‘n ma so iets aan haar kinders doen dit is nie net siek verby nie dit is sjoe ek weet nie jinne ek word so so so kwaad ek meen watse lewe gaan daai kindertjies he nee sies vrot ga man mag sy opvrot in die tronk en nooit weer die daglig smaak nie en die mansvriend hy is net so skuldig man op borgtog vrygelaat van R 1000.00 nee jinne die siekste siek hoekom moes die vrou die video’s vir hom stuur dan het hy mos een of ander siek bevrediging daaruit gekry… Lees meer »

Eish!

En die regering se pornografie het niks met seksuele aanranding, bevrediging, ens te doen nie! Vandag pornografie so vrylik beskikbaar is kom die tipe siek dade algemeen voor. So ek wonder net……….