Ma, twee dogters dood in woonstel aangetref

Argieffoto: Nico Strydom

Die liggame van ’n ma (44) en haar twee dogters, onderskeidelik 16 en 22 jaar oud, is Vrydagoggend in hul woonstel in Phoenix aangetref.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se man het glo omstreeks 07:30 by sy woonstel in Tashmeer Mansions in Longcroft in Phoenix opgedaag en aan die deur geklop.

Hy beweer daar was nie antwoord nie. Hy het dus op die balkon geklim, die huis deur ’n agtervenster binnegekom en daarna sy vrou en 16-jarige dogter se liggame aangetref.

“Hulle het geen sigbare beserings getoon nie,” het Zwane gesê.

Die man het toe die polisie in kennis gestel.

“Toe die polisie reeds die twee liggame weggeneem het en besig was om die huis te deursoek het hulle die tweede dogter se lyk in die kas aangetref. Sý het steekwonde gehad,” het Zwane gesê.

Zwane het bygevoeg die bewerings dat die voorval in ’n hotel plaasgevind het, is onwaar.

“Ons is steeds besig met die ondersoek, want alles maak nie sin nie. Daar was byvoorbeeld geen gedwonge toegang tot die huis nie, alles was nog gesluit. Die motief vir die moorde is nog onbekend,” het Zwane gesê.

Die polisie ondersoek drie sake van moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan ·

Nou hoe klop die man dan aan sy eie deur? Het hy nie ‘n sleutel vir sy eie woonstel nie? Klink baie vreemd….

Evw ·

…….ń groot vet rot!!!!!! Geld gaan ook seker weer hier iets mee te doen hê….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.