Ma, twee kinders in hof oor PE-man se moord

Christine Russouw (Foto: Facebook)

Christine Russouw (55) en haar twee volwasse kinders het Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van die moord op die 70-jarige Petrus Scholtz.

Maroela Media het vroeër berig Scholtz se liggaam is verlede week Donderdag tussen bosse langs ʼn pad in Fairview gevind. Die vrou, haar dogter Chantal Russouw (34) en seun Wayne Russouw (31) is Vrydagaand in Woltemadestraat in Kabegapark in hegtenis geneem in verband met die moord.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die drie persone het skuld ontken op alle aanklagte teen hulle. “Die saak is tot 30 Julie 2018 uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding,” het sy gesê.

Die polisie het ook reeds die meeste van Scholtz se gesteelde besittings teruggekry, insluitend sy gereedskap en blou Isuzu-dubbelkajuit-bakkie. Die bakkie is glo aan ʼn persoon in Noordeinde verkoop en die polisie het Saterdagoggend daarop beslag gelê.

Maroela Media het vroeër berig Scholtz, wat vir ʼn elektriese firma werk, is Dinsdag met die werksbakkie by sy werk weg na sy huis toe. Hy is Dinsdagaand weer by sy huis weg om ʼn kliënt in Kabegapark te besoek. Volgens die polisie het hy in sy vrye tyd elektriese herstelwerk gedoen. Hy is daarna nie weer gesien nie.

Sy liggaam is op 19 Julie 2018 deur ʼn verbyganger, wat op pad was werk toe, tussen bosse langs ʼn grondpad opgemerk. Scholtz se hande en voete was met ʼn nylontou vasgebind en sy kop was met kleefplastiek bedek. Die polisie het ook vroeër gesê Scholtz was “gewelddadig aangerand”, hoewel die presiese oorsaak van sy dood nog nie bekendgemaak is nie.

Die motief en omstandighede rakende Scholtz se moord moet nog vasgestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liz ·

Dit walg my! Vermoor n hardwerkende bejaarde v sy besittings! Afskuwelik.

Peet Schabort ·

‘Hulle bly in aanhouding’? Hoe werk dit? Attie le Roux van Reitz se moordenaar word op sy eerste poging losgelaat nadat hy (Attie) gewurg het en vir dood gelos is. Hy word die kans gegun om terug te gaan en sy daad van doodmaak te voltooi. Die wet en sy toepassers werk darem snaaks in hierdie land. Ja, ek is Attie se swaer.

Hoekom so baie moordenaars????? ·

Daar is darem deesdae baie moordenaars! Dit wil voorkom of die een bevolkingsgroep die ander bevolkingsgroep inhaal! Of miskien was dit altyd net leuens om iets te prober wys dat sommige mense meer moorde pleeg as ander. Alle mense moor!! Nee my mapstieks mens is jou lewe nie meer seker nie!

jaco ·

Die SAPD volg altyd dieselfde patroon wanneer ‘n wit mens vermoor word: blameer ‘n wit naasbestaande, want om die ware moordenaar te vang is buite hulle vermoë. Hulle is te onbevoeg en swak opgelei en dis nie polities korrek om reg en geregtigheid aan wit mense te laat geskied nie.

Wit mense moor nie ·

Jip Jaco, jou kommentaar wys die leuens pragtig uit. Dat wit mense nie sal moor nie en altyd geblameer sal word want wit mense is altyd onskuldig. Dankie Jaco my oë het oopgegaan.

Susan ·

Elke persoon het ‘n inclination of bad behaviour. Dit is jou keuse om dit uit te oefen of nie. Die Woord sê dat teen die eindtyd gaan mense oorgelaat word aan hul begeertes. As jy daarvan hou om kriminele dade te pleeg, dan gaan jy dit meer doen. Dit is hoekom al hierdie dinge plaas vind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.