Ma, twee kinders in huis doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Ma en haar twee tienerkinders is Donderdagoggend in hul huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar word beweer dat die pa omstreeks 04:00 in die motorhuis besig was toe hy skote in die huis gehoor het.

“Volgens die man het hy gaan ondersoek instel en toe hy naby die huis kom, is hy deur ʼn gewapende man gekonfronteer. ʼn Struweling het ontstaan waartydens die verdagte sy vuurwapen laat val het. Die verdagte kon daarin slaag om los te kom toe ʼn medepligtige ook uit die huis gestorm het. Die twee mans het op die vlug geslaan,” het Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê die man het gaan ondersoek instel en sy 41-jarige vrou, hul 17-jarige dogter  en 14-jarige seun  dood in die huis aangetref. Hulle het al drie skietwonde aan die bolyf opgedoen.

Die polisie is steeds op die toneel om die voorval te ondersoek en om vas te stel of daar iets gesteel is. “Die man is erg getraumatiseerd en ontvang traumabehandeling.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees die opvolgberig: Man vas vir Vanderbijlpark-skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

leon ·

Ek moet se ek bly blerrie naby aan hulle en ej het geen skote gehoor nie. Dit kan ek nie verstaan nie want ek slaapo lig en honde nie eers geblaf nie. Skokkend vir my want ek hoor altyd hoe geselig die mense verkeer.

Anel ·

4h00 in die oggend besig in motorhuis? Dadelik ondersoek instel as jy skoot hoor,gaan jy iemand sien vlug of vang…nie wag vir die hoeveelste skoot voor jy gaan kyk. Ek se nie hy het die sneller getrek,maar beslis sou ek dink hy het iets met dit te doen

Sjoe ·

Griewastad moord hy was in die stoor toe hy die skote gehoor het en het toe weg gekruip??? Klink vir my maar na dieselfde storie net ‘n ander venue.

malinda ·

Ja Magda, dit laat mens wonder. Dooie mens kan nie praat nie.

CNELL ·

Ek gooi nie ‘n klip nie maar hoe is jy daaityd van die oggend in die garage besig? Het die boewe hom nie gesien nie daar sou sekerlik ‘n efense remoer gewees het in die garage en ‘n lig aan so hulle kon van hom bewus wees. Maar dit baie tragies.

Nadia ·

Jis mense is wreed, hy het sy HELE familie verloor, maar dis gewoonlik die wat nog niemand verloor het wat sulke goed kwyt raak, en hulle eie stories op maak.

JaNee ·

Magda, jy is net reslisties. Vlgde week hoor ons man is in hegtenis geneem.

Shirley ·

Ek weet van baie mense wat daai tyd in die oggend op is. Maar as die man in die garage is het hy dan nie die huis gesluit toe hy uit gegaan het nie? Sy gesin was dan nog in hul kamers? En sou hy gesluit het moes hy mos n geluid gehoor het as hulle inbreek. En hoe hoe kan mens nie die skote hoor en nie dadelik ondersoek instel nie. Wonder maar net?

Shirley ·

En as die man niks hiermee tedoen het nie dink net wat se skok dit vir hom was om sy gesin so te sien. Dis verskriklik

colett ·

aiai dis so sad ma werk jy dan buite daai tyd in jou motor huis sjoe laat mens nt wonder inige simpatie met die hele gesin

Adél ·

Dalk was die man oppad werk toe en het dalk uitgegaan om sy voertuig solank aan te sluit. Tien teen een wou hy weer terug in die huis gaan om iets te kry nog en het daarom dalk nie deur gesluit. Hulle kon hom dopgehou het vir ñ paar dae en geweet het wat sy roetine is. Enige iets is moontlik. Maar so soooo hartseer…

SNEL ·

Miskien was die garage aan die huis gewees, sonder n deur wat oop staan na buite toe, want geen man sal uitloop na n garage wat weg van die huis af is en nie die huis se deur agter hom sluit waar sy gesin lê en slaap nie.
Die eerste skoot kon geklap het en dan staan hy stil en wonder wat het hy nou gehoor het, tweede skoot klap en dan besef hy dit moes iets gewees het (n skoot), maar teen die tyd wat hy in die huis in beweeg, het die derde skoot klaar geklap en was dit te laat en het hy toe op die ander skurk vasgeloop en net daarna was die een wat die laaste skoot afgevuur het ook op hom.

Die gebeure klink seker fishy, maar ek gaan slaap ook as die haan amper wil kraai en as mens aan iets werk wat jy wil klaar kry, gee jy nie om wat die tyd is nie, jy wil net klaarmaak met dit waarmee jy besig is.
Ek kan net nie dink dat hy betrokke is nie en as hy nie is nie, verdien hy nie om terwyl hy nou drie geliefdes verloor het nog opgetrap te word nie. Die man is dan stukkend en kort ondersteuning.

nixy ·

Jong die donder weer was nie lekker gestraant nie so hy kom dalk net die laaste skoot gehoor het en dit het op stukke hard gereen.het daar virby gery en dis glad nie lekker om die families so yesien huil nie.sterkte aan hulle

emma ·

My buurman is elke oggend 4 uur in sy garage besig .Hy werk skofte en wil nie sy vrou en seun daardie tyd van die oggend pla nie.Hoe kan julle so wreed wees en sommer net aantuigings maak oor wat julle “dink” of nee eerder “hoop” gebeur het? Tipies van ons nasie..wil net altyd dadelik die lelik in iemand sien.

Anoniem ·

Mense is baie vinnig om kommentaar te gee op ‘n 6 paragraaf artikel met beperkte feite, dus is almal se opinies gegrond op niks en gebaseer op eie gevoel.. Julle oordeel op die man en pa wat sy vrou en kinders verloor het is hard en koud. Nie almal slaap nog 4 uur die oggend nie en elke man is seker geregtig om enige tyd vrylik in sy motorhuis te werk.. Sterkte aan die familie.

Ella ·

Wie ook al die sneller getrek het, hierdie bly ‘n tragedie. Iewers is ‘n ma en pa wat hulle dogter en kleinkinders verloor het. ‘n Skrale 3 weke voor Kersfees. Hulle het heel moontlik al kersgeskenke gekoop, begin kleinkoekies bak vir die groot familiekuier. Elders nog ‘n ma en pa wat hulle seun in hierdie tyd gaan bystaan net om later te moet hoor (dit is immers so dat ongeveer 80% van alle vroue deur die mans naaste aan hulle vermoor word) dat hyself die skuldige is.

Vicky Alberts ·

Hierdie gesin was persoonlik baie bekend aan ons. Thea was eens op n tyd met my broer getroud…sy was n WONDERLIKE vrou en n regte sweetie pie…Haar kinders was pragtig! Ek wil net se dat ons as naastes klaar inligting rondom die gebeure het,en dat die waarheid sal seevier met tyd. Die slang in die gras stelling… Kom ons hou asb ingedagte dat Thea en die kinders se familie deur n verskriklike tyd gaan…dis ondenkbaar dat so iets met hulle moes gebeur…Asb kom ons hou ook ingedagte dat GOD nie sy hand hierin gehad het nie,maar dat die duiwelse persoon/e verantwoordelik was hiervoor. Mag Thea en die kinders vir ewig bymekaar in vrede rus…

Sue ·

Stem saam met jou Vicky ….. sterk wees ons bid vir julle …..

charmaine ·

En soms dink die slang/e hulle gaan wegkom daarmee. Daar was 4 mense wat die huis genader het tog moes die man prober het om iets te doen al het hy net die agtersete een met n hamer bygekom of op sy rug gespring het n motorhuis vol bruikbare “wapens”.

Elize Hartley ·

Vicky, my innigste simpatie met hierdie verskriklike tragedie in jul familie, Mag God jul styf vashou en beskerm teen hierdie hartseer. Ek kan my net indink hoe verskriklik moet hierdie tragedie vir julle wees. Ja God is ‘n God van liefde, en hierdie werk is deur en deur die werk van ‘n person / persone van die Satan, en ek glo ook die waarheid sal altyd seevier, en die skuldiges sal aan die pen ry, kom wat wil, sulke misdade sal nie ongesiens skotvry kom nie. Mag Thea en haar twee kinders in vrede rus.

Jan Alleman ·

Die ma is in haar bed dood geskiet met 3 wonde, die seun het wakker geword waar hy na sy ma se kamer is en geskiet met 5 nootlottige wonde, die dogter is ook 5 keer nootlottig gewond. By hartseer.

AAA ·

Shoe dit is VERSKRIKLIK!!!!!!!!!!! Hoe kan mens dit aan jou eie mede mens doen waarvoor jy tog lief is of was en “never mind” mede mens jou eie BLOED. Hoe siek is ons wereld net nie. Dit gebeur nou gereeld en dan dink die Satans kind hy/sy sal weg kom met dit. RIV Mamma en kindertjies.

Louis ·

Ons het gisteraand ‘n kransie gaan lê en kerse aangesteek, ons ken hulle van geen kant. Maar so verskirklike gebeurtenis skud die gemeenskap. Kom ons dink aan hulle geliefdes, vriende en kollegas en gee ondersteuning waar ons kan. En wat die moordenaar betref, ek hoop hy dink terug aan die twee moordenaars wat langs Jesus Christus aan kruise gehang het, en vra vergifnis. Ons was al deur so ‘n gebeurtenis, dit neem jare om te verwerk en daar is altyd vrae met geen antwoorde. Here Jesus ek bid dat U elke tree saam met die agter geblewenis sal stap, self met die een wat die daad gepleeg het

Jeanine ·

Dis so hartseer… Liewe Here wees saam die familie en vriende deur die moeilike tyd… Vat ons almal se harte en maak ons U kinders sodat die duiwel hom nie kan belustig in ons nie Heer!!! Amen!! Sulke mooi kinders en mamma!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.