Ma, twee seuns saam vermoor

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse vrou van ʼn informele nedersetting in die Kotishini-gebied naby Mthatha en haar twee seuns, onderskeidelik sewe en tien jaar oud, is Sondag in die vroeë oggendure in hul huis vermoor.

Die vrou se sesjarige dogter is in ʼn kritieke toestand langs die liggame van haar ma en broers aangetref.

Kol. Michelle Matroos, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die vrou se bure het omstreeks 05:00 gehoor hoe iemand in die huis skree en het die polisie ontbied. “Daar word beweer dat onbekende mans die huis binnegegaan en die gesin met skerp voorwerpe aangeval het,” het Matroos gesê.

Die polisie het hulle na die toneel gehaas waar hulle die drie liggame en die kritiek beseerde dogtertjie aangetref het. Sy is dadelik na ʼn hospitaal geneem.

“Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie en die polisie is besig om dit te ondersoek,” het Matroos gesê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale kommissaris van die polisie, het gesê die polisie is geskok deur die brutale aanval en veroordeel dit ten sterkste. “Ek het ʼn multidissiplinêre taakspan saamgestel om hierdie aanval te ondersoek. Ons sal nie rus totdat ons die hartelose misdadigers opgespoor en hulle aan die pen laat ry het nie,” het Ntshinga gesê.

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Thandaza Mshumi by 082 442 0585 of die naaste polisiestasie te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

1+1 ·

Kan die staat nie aanspreeklik gehou word vir moord en doodslag as hulle nie instaat is om die boosdoeners te vang en te straf nie. Wat se die regsgeleerdes ? Siviele sake en eise teen die staat is mos moontlik.

CZ ·

Ag Nee regtig 1+1 = wie wil jy nou verantwoordelik hou ? Wie by die staat. ? As een van jou familie lede daar werk ?

Wilma ·

Al wat ek kan se is liewe b….. kan die govt officials ni wakker word ni of slaap hul so vas

Anoniem ·

Gaan my verstand te bowe, dit het net nie END nie ??
Elke SAPD poging moet ‘n 72 uur spesiale poging wees om geweld en misdaad hok te slaan !!! MAAR Hulle (SAPD) moet ‘ so teenwoordig wees’ dat die potensiële kriminele nie kans kry om in sulke snert betrokke te raak nie !!! Begin bybellees en bid ??sodat Suid-Afrika KAN HERLEEF ????

Regtig ·

My vraag is, vandat die “geskreeu” gehoor is 05:00 – wanneer het die SAPD besluit om op te daag in die “informele nedersetting”????
DAAR is die werklike “oplossing” tot die huidige problem – met elke nood toestand, wat ondervind word..

Natascha ·

Dit is soo jammer om te verneem. Nieman verdien om vermoor te word nie. Maar hoekom kan al die aandag nie ook gegee word aan ALLE moorde nie.????
Bring die doodstraf terug. Niemand wat moord pleeg MOET net tronkstraf kry nie. Hul kom in elk geval net weer uit na n pr mnde om weer te moor.

Petro Benade ·

Anoniem daar is baie baie mense wat bybel lees en bid maar dinge word net erger. Hoekom?

Wonder ·

Petro Benade, ongelukkig leef ons in ‘n gevalle wêreld en soms word ons gebede nie altyd beantwoord nie, maar ons moet nog steeds hoop en help waar ons kan.

Belins ·

Natascha my probleem met die doodstraf… KYK Wie is in beheer? Ntshinga se die Hartelose misdadigers moet aan die pen ry… Maar wat van al die plaas Moore… Ongeag die kleur… Daar word niks daar aan gedoen… Hartseer

Maggie ·

Ja-Nee wraggies Belins. Mense soos o.a. Natascha wat pleit vir die doodstraf om terug te kom, weet duidelik nie waarvoor hulle wens nie.. !! ‘n Blanke Vrou wat kamstig die “verkeerde” woord gebruik, sit 3jaar in die tronk, terwyl die Swartes wat ter helle uitskree dat die Wit mense se oë uitgehaal moet word en tonge uitgesny moet word, sodat die swart gesig die laaste ding is wat hulle ooit sal sien, en hulle nooit daaroor sal kan praat nie, en die ander wat luidens verkondig dat alle wittes, babas en oumense ingesluit, in stukke opgekap moet word en kompos van gemaak moet word, moet om verskoning vra vir hulle uitlatings.. Wat is ‘n verskoning? Dit verander niks aan hulle denkwyse nie.. Dus mense, dink mooi voor julle vir dinge vra wat eerder kon bly..

Antonlombaard ·

Groot sukses word behaal met n volskaalse deursoeking in teister gebiede vanaf 04H00 uitstaande lasbriewe help.honde perde moet deur SAPD ingespan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.