ʼn Ma en haar twee tienerjarige kinders is in ʼn kritieke toestand ná ʼn ernstige botsing vanoggend in die sentrale gedeelte van Durban.
Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care Paramedici, sê die ongeluk het net na 07:00 op die hoek van Stalwart Simelane- en Anton Lembede-straat gebeur.
“Rescue Care-paramedici het by die toneel opgedaag en totale chaos aangetref. Twee voertuie het gebots voordat hulle in verskillende rigtings geswenk het,” sê Jamieson.
“In een voertuig was ʼn ma en haar kinders met kritieke beserings in die wrak van die voertuig vasgevang. Paramedici het gespook om hulle te stabiliseer terwyl beamptes van die Durbanse brandweer meganiese toerusting gebruik het om hulle uit die wrak te bevry.”
Nadat die insittendes uit die wrak gesny is, is hulle per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.
Jamieson sê in die tweede voertuig was vier insittendes wat ook in die botsing beseer is. Hul beserings het gewissel van gering tot kritiek. Nadat hulle ook op die toneel behandel is, is hulle na hospitale geneem.
“Smithstraat is gesluit terwyl noodpersoneel op die toneel besig was.”
Die oorsaak van die botsing word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
As jy sien hoe wetsgehoorsaam die mense in Durban ry, is dit ‘n wonder dat daar nie baie meer sulke gevalle is nie.
So vroeg in die midestad. Dit wil gedoen wees.
Sou dit nie gereën het verstaan ek dit glad nie.
Hoekom ry die bestuurders so vinnig in die stad???????
Wanneer ‘n motor so lyk was daar definitief spoed ter sprake, indien daar by die spoedgrens gehou was, sou 1 van die 2 heel moontlik betyds kon stop of uitswenk. Ai, dis so hartseer, ons jaag ons lewens om en spaar in die proses miskien 5 minute.
Sal graag wil weet hoe dit met die beseerdes gaan, maar ook wie vir die ongeluk verantwoordelik was. Dit lyk in die eerste foto of dit naby of by ‘n texi-staanplek plaasgevind het.
Kom ry in Witbank, enige tyd, as jy nie by n groen verkeerslig stop en rond kyk nie, het jy n probleem.