Ma, tweelingseuns sterf in huisbrand

Die huis wat afgebrand het. Foto: Verskaf

ʼn 35-jarige ma en haar vierjarige tweelingseuns het Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand gesterf.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 04:45 in Langa in Uitenhage in die Oos-Kaap plaasgevind.

“Die gesin woon in ʼn informele boustruktuur in die agterste deel van ʼn erf in 24ste Laan. Die gesin het geslaap toe ʼn brand in die huis ontstaan het,” het Swart gesê.

Die polisie en die brandweer is na die toneel ontbied. Die vrou, Vuyokazi Klaas, en haar tweelingseuns, Abongile en Bonginkosi, is op die toneel dood.

Die kinders se 42-jarige pa is die enigste lid van die gesin wat die huisbrand oorleef het. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Swart gesê.

Die polisie doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Brig. Laurence Soekoe, bevelvoerder van die Uitenhage-polisiegroepering, het sy innige meegevoel met die gesin se naasbestaandes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ANC gruweldaad ·

Ek wens die plakkers in die ooskaap se oe wil oopgaan vir die gruweldade van die ANC wat hulle aanry in busse uit die ou Transkei en in vuil oorbevolkte plakkerskampe dwing, dit als net omdat die ANC politieke mag verder wes wil uitbrei.

Waarheid ·

Glo die pa vat die mooi herhinderinge van sy vrou en 2ling saam hom dan is genesing en herstel moointlik andersom nie.
cANCer kan maar aanhou gat grawe vir ander
onthou jy kan self in daai gat val.

Cer ·

Ek het die afgelope 3 weke 2 van my werkers wie se plekke afgebrand het. Die vrou staan op 4uur, sit die STOOF aan en loop, sodat as hy wakker word direk iets kan maak!? en die ander het die oondjie aangesit deur die nag om warmer te kry. Dis n groot tragedie, maar kan nie help om te wonder of dit ook so iets is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.