Ma van 2 in hof oor R4,6 m. se bedrog

slenter aanlyn bedrog

Argieffoto.

ʼn Ma van twee jong kinders het in die landdroshof op Worcester op aanklagte van bedrog ten bedrae van R4,6 miljoen voorgekom.

Marelize Kellerman (36), ʼn oudwerknemer van ʼn regsfirma op Worcester, het haar gewese werkgewer na bewering uit geld van die maatskappy se trustrekening bedrieg, sê kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder.

“Hierdie geld is na bewerig oor ʼn tydperk van 2014 tot Junie 2018 verduister en was vir persoonlike gewin,” sê Nkwalase. “Nadat [haar werkgewer] van die bedrog bewus geword het, het hulle dit by die polisie aangemeld.”

Die saak teen Kellerman is die afgelope Donderdag tot 10 Desember uitgestel. Sy is vrygelaat op borgtog van R10 000, sê Nkwalase.

Elders in die Boland, op Somerset-Wes, het Mogamat Rafiek Hayners (25) in die plaaslike landdroshof op aanklagte van dwelmhandel en die onregmatige besit van ʼn vuurwapen voorgekom.

Volgens Nkwalase is Hayners by ʼn bergingsplek op die dorp in hegtenis geneem nadat die Valke en die misdaadintelligensie-eenheid afgekom het op ʼn verskeidenheid dwelmmiddels en ʼn onwettige vuurwapen, waarop hulle toe beslag gelê het.

Hayners moet weer Donderdag voorkom, wanneer hy aansoek om borgtog sal doen. Hy bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

WIEBO ·

Hoe aan die slaap kan n werkgewer wees om soveel geld te verloor sonder om dit agter te kom? Ek werk vir n eiendomsmaatskappy in Pretoria, en glo my, as hier R100 weg is, sal my werkgewer dit binne n dag agterkom.

Koos de Meyer. ·

Hoe siek kan ‘n mens wees oor geld. Wat gaan met die mensdom aan in Suid-Afrika.

linda limbo ·

die arme kinders, dis darm vreeslik baie geld
ek hoop sy’t darm dit wys verkwis,
sy gaan beslis nie die tron vryspring en nou gaan die kinders se lewe verander
ai nee sukkel is nie lekker nie maar ‘n rekord is ‘n klad op jou naam vir baie lank

Andre Stander ·

Verduister 4.6 bar, kry 10 000 borg.

Wie sê ‘crime doesn’t pay’…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.