Ma van gewonde GPF-lid goed keelvol

Calvin Bronkhorst is Donderdag die derde keer in die Unie-hospitaal in Alberton geopereer nadat hy meermale tydens ’n rooftog op Meyerton geskiet is. Foto: Verskaf

Die ma van ʼn jong lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat ʼn wilde skietery op Meyerton oorleef het, sê sy het nooit kon dink dat soveel mense omgee nie.

“Die ondersteuning wat ons kry, is absoluut fantasties,” sê Jackie Britz (51), maar voeg by sy is ook “gatvol” vir die misdaad en geweld, die daaglikse moorde en gedurige rooftogte in Suid-Afrika. “Binne-in my is ek kwaad, want ek dink dit het tyd geword dat ons mense opstaan sodat hierdie goed kan stop.”

Sy glo dis ʼn wonderwerk dat haar seun Calvin Bronkhorst (23), ʼn lid van Riversdale by Meyerton se GPF, die skietery oorleef het.

Hy en sy mede-GPF-lede het Dinsdagaand ʼn noodboodskap ontvang dat gewapende rowers toeslaan op ’n klein winkelsentrum in die buurt Riversdale. Bronkhorst en sy verloofde, Wilmarie Pretorius (23), het dadelik daarheen gery. Hulle was eerste op die toneel omdat hy net drie strate daarvandaan woon.

Britz vertel Calvin het nie besef die gewapende rowers was in die drankwinkel nie. Soos hy na die winkel gestap het met sy vuurwapen in die hand terwyl Pretorius in die motor gewag het, het die rowers uit die drankwinkel gekom en op hom losgebrand.

Sy ma sê hy is “oralster gewond”: in sy arm, sy voet, sy maag, sy bors, drie koeëls is deur sy rug …“Hy het die koeëls gevat, want al wat vir hom saak gemaak het, was sy verloofde se veiligheid.”

Britz vertel die aanvaller het die motor probeer roof waarin Pretorius gesit het. “Hulle het [in Engels] op haar gevloek en geskree sy moet uitklim. Sy het teruggeskree dat sy nie uit die motor sal klim nie. Sy het toe vir hulle geskree: ‘Julle het klaar my man geskiet. So skiet my ook!’”

Britz sê Pretorius kan nie onthou wat daarna gebeur het nie. “Sy huil al van gister [Woensdag] af aaneen, want sy het gesien hoe hulle hom skiet en hoe hy skree en hoe hy val. Sy is emosioneel stukkend.”

Met Bronkhorst gaan dit beter, sê sy ma, “want hy is só sterk onder verdowing, ek dink nie hy besef regtig al wat met hom gebeur het nie”.

Britz vertel dit was alles “binne vyf minute oor. Nog mense van die GPF het opgedaag en die aanvallers het gevlug. Van die mense wat tydens die skietery in die supermark was, vertel hulle kon hoor daar was outomatiese gewere betrokke.

“Dat daar nie meer mense getref is nie, kan niemand verstaan nie, want [die aanvallers] het net wild en wakker begin skiet toe hulle uit die bottelstoor kom,” vertel Britz. Sy vertel ʼn Chinese winkeleienaar en die bestuurder van die Foodzone is tydens die rooftog aangerand.

Bronkhorst, wat in die Unie-hospitaal in Alberton behandel word, sou Donderdag ʼn derde keer geopereer word om nog ʼn koeël, dié keer in sy voet, te verwyder wat ná die vorige twee operasies op ʼn X-straal opgemerk is.

Britz sê sy verwag haar seun sal nog geruime tyd daar moet bly nadat sy linkerlong platgeval het. Het intussen penne in sy been gekry om dit te heg waar dit onder die knie afgeskiet is.

“Ek sit die hele môre en dink wat om te doen, maar ek weet nog nie,” het Britz Donderdagoggend radeloos aan Maroela Media gesê. “Miskien moet ek die vroue oproep dat ons veg vir ons kinders.

“Of dalk moet ek tot by [pres. Cyril] Ramaphosa se kantoor gaan en vir hom sê die misdaad en geweld moet stop. Ek is gatvol. Elke keer dat ek sien iemand is geskiet, bid ek: ‘Here, dit kan nie so aangaan nie.’

“Dit help nie ons sê net ‘shame’ nie. Dit gaan niks verander nie. Die enigste ding wat sal help, is as mense sê hulle is nou keelvol. Ons het genoeg gehad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

James ·

CR sal maar net se crime is everywhere. Hulle worry nie meer nie. Dit blyk deesdae dis elkeen vir homself. Sterkte vir julle.

Nie in finland ·

Hiks, soos in amper niks misdaad hier in finland nie. Ook nie in baie lande rondom ons nie behalwe waar immigrante inbeweeg het.

Hannelie ·

Om na Ramaphosa se kantoor te gaan, gaan niks help. Want volgens hom, is hier géén plaasmoorde!?! Klink my ons president weet nie werklik wat om hom aangaan nie.
Baie sterkte met jou seun, ons kan net tot ons Vader bid vir hierdie land en die regering wat hom ten gronde lei.

What a joke! ·

Hy CR weet goed wat aangaan hy probeer net hard om die waarheid weg te steek!

Marius ·

Jammer dit het gebeur sterkte daar maar ‘n winkel word nie geroof deur een persoon met ‘n wapen(opleiding sou dit verhoed het)

Calamarir ·

Sal daar enige ministers die arme man besoek soos ander gevalle? Jy is n held omdat jy wil help. Maar ek vat my familie land uit, ek kan nie meer worry oor geweld, moord of n toekoms vir my kinders nie. Dit is net te veel.

Andre Stander ·

Calvin – ek Salueer jou…

Jy is ‘n “Sheepdog” – wat opgestaan het om die weerloses te beskerm, en ek Salueer jou. Die goeie triomfeer nie altyd dadelik oor die sleg nie, maar solank daar goeie mense is om die geveg voort te sit, IS DAAR HOOP…

Ek wens jou beterskap toe, en ek glo jy sal ten volle herstel. Staan sterk – die wêreld het meer mense soos jy nodig… Jou nog inkluis

Eish ·

Wat kan n mens nog sê van n lewe in die helhool?
Na die jongman se heldhaftige optrede kom die probleme.
Hoe lank gaan hy van die werk afwees?
Gaan die medies voldoende wees?
Sal hy geskik wees om weer te werk?
Matelose selfopoffering!
Mag die Hemelse Vader hom volkome genesing skenk.

Afrikaanse Knaap ·

Toer die land vol om te hoor hoe mense gal braak oor ‘n stukkie grond, terwl 57 mense vandag onder hulle waak vermoor word, en 109 verkragtings. Volkstaat, volksmoord, emmgrasie of verder krepeer is ons enigste opsies.

Casper Labuschagne ·

Die ordelike samelewing is besig om ineen te stort. Dit is tekenend van die toestand van die land en voorspel niks goeds vir ons toekoms nie.

Marinda ·

Ons almal voel so, maar of die president enige iets oor dit gaan doen, dis ñ ander saak.

Gatvol ·

Dit is presies wat ek se. Daar kan miljoene rande en maande om geredekawel word oor elkeen wat tog net n stukkie grond kan kry om verder daarop te krepeer maar absoluut niks word aan misdaad gedoen om weerlose mense te beskerm nie. Mense moet asb n situasie benader asof misdadigers swaar gewapen is. As dit kan moet nie net oop en bloot konfronteer. Sterkte aan jou Calvin.

Peanut ·

Wonder waar is al die lawaai maker politici nou. . .
En Cele . . .

Wilma ·

Nee wat mede inwoners van hierdi kriminele land. Afrika se parlementariers is hopeloos verby. Kani regeer. Soek net verryking vir hulself en hul comrades

PJC ·

Meer mense moet kwaad word soos die ma van hierdie jongman dan sal mense minder goedgelowig wees en alles vir soetkoek opeet wat die ANC sê. Baie blankes is nog naief genoeg om te dink jy moet met hulle onderhandel. Duidelik is die ANC daarop uit om van die blankes en alles wat hulle verteenwoordig, ontslae te raak.

Jaap ·

Die land is in sy hel…
Jong mense vat julle goed en trek.
Jammer maar geen toekoms hier nie.

Staak saam ·

Mens kan nie anders as emosioneel te wees nie maar dit is nie die antwoord nie.
Dink helder daaroor en neem n besluit wanneer jy nie kwaad is nie, GPF lede is nie opgelei vir polisie werk nie en hulle het ook nie die nodige gereedskap om optetree nie.

Ek se nie jy moet agteroor gaan sit nie maar wees verseker, rooftogte gaan net verder toeneem.
Moet hom nie probeer vang nie, dit is die SAPD se werk, wees sigbaar en verdryf hulle weg.
Ons moet proaktief begin dink en nie reaktief nie.

Oom Kalahari ·

Jackie, om die parlement te wil nader gaam nie veel vrugte dra nie, want die Hoofman moet die paddapot aan die kook hou. Die “Struggle Resep” werk omdat eenkant raak hul ontslae van boere en gesinne, in ander dele word daar geroof en verkrag om vrese in te boesem wat lei dat mense immigreer en dit is wat benodig word om uit te din en dan die finale spyker in te slaan.
Calvin is ‘n Hero om sy lewe op die spel te plaas om misdadigers te probeer stuit wat onskuldige mense terroriseer, roof en aanrand. Mej Pretorius was ook ‘n sterk mens om die roof van voertuig teen te staan, maar dit kon ook nagevolge gehad het. Ons wens Calvin ‘n spoedige herstel toe en beste wense aan sy familie en verloofde. In ander lande sou jy ‘n Staats besoek gekry het asook ‘n medalje, maar nou-ja in Utopia is dit anders.

WILLIE ·

JACKIE KAN JY NOU SIEN HOEKOM STOP DIE MOORDE NIE,HOEKOM WORD DAAR NIKS VAN REGERINGS KANT GEDOEN NIE.LEES AL DIE KOMMENTARE ALMAL SE DIT SAL NIE HELP NIE WEET JY HOEKOM WANT HULLE[BLANKES]WIL NIE SAAM STAAN EN IETS DOEN KYK WAT HET DIE BRUINMENSE NOU REGGEKRY DEUR SAAM TE STAAN DINK NET AS NET SO DUISEND VAN ONS NA CR SE KANTORE GAAN AL DIE BLOOTSTELLING DAN SAL DIE BRITSE MINISTER WAT NOU ONLANGS HIER MET CR VERGADER HET KAN SIEN WAT HIER AAN DIE GANG IS AS ELKEEN WAT OPRUK MET FOTOS OP PLAKKATE VAN PLAASMOORD TONELE WAT OP TELIVISIE GEWYS KAN WORD DEUR BUITE WERELD GESIEN KAN WORD MY PLAKKAAT IS GEREED STERKTE

Willie ·

Paddapotman is die res van die Afrika leiers… Solank hulle in weelde lewe is alles reg… solank hulle en hulle kaders geod versorg is alles reg… Alles kom hulle toe…

Spoedige herstel… ons kan net bid vir julle…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.