Ma van jong sokkerspeler dagvaar binnelandse sake

George en Bampende Maskini. FotoL David Ritchie / ANA Photos

Die ma van ʼn 13-jarige sokkerspeler dagvaar die departement van binnelandse sake aangesien sy meen “growwe nalatigheid” deur die departement het haar seun van die geleentheid ontneem om in die buiteland aan sport deel te neem.

Bampende Maskini, die ma, het Dinsdag in die parlement emosioneel geraak toe sy LP’s tydens ʼn portefeuljevergadering van komitee oor binnelandse sake toegespreek het.

Maskini het in 2000 as ʼn vlugteling van die Kongo in die land aangekom. Haar seun, George, is in 2005 in Suid-Afrika gebore en sy is eers in 2008 permanente burgerskap toegestaan.

Dit het dit vir die gesin moeilik gemaak om vir hom ʼn paspoort te kry.

Fatima Chohan, adjunkminister van binnelandse sake, het verlede jaar vir George gereël vir reisdokumente vir ʼn skole-sokkertoernooi in Thailand. Toe George egter by die lughawe opdaag, is hy verhoed om om op die vliegtuig te klim aangesien sy reisdokumente aangedui het hy is ʼn Suid-Afrikaner terwyl die strepieskode in sy paspoort aangedui het hy is Kongolees.

George is daarna die geleentheid gegun om ʼn sokkertoernooi in Dubai by te woon. Sy droom om in die buiteland te gaan deelneem was egter weer eens aan skerwe toe hy by die lughawe opdaag en meegedeel is dat sy paspoort as “gesteel” op die stelsel gemerk is.

“Dit was hartverskeurend. George het gehuil, hy het baie gehuil. Ons almal het in trane by die lughawe uitgebars,” het Maskini aan LP’s gesê.

Die Maskini-gesin het sedertdien ʼn regsgeding begin waarin hulle R461 000 eis. Die familie beskuldig die departement van growwe nalatigheid.

ʼn Beampte van die departement van binnelandse, wat die vergadering bygewoon het, het gesê ʼn volledige ondersoek oor Maskini se bewerings sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

christa ·

plaas sy eerder sorg dat haar kind ‘n geleerdheid kry, wat baie meer belangrik is sodat hy nie oor agtergeblewende word nie.

Ja nee ·

Christa….. regtig…… hoe anders sou hy in n sokkerspan opgeneem word as hy nie skool gaan nie. Hy is heel duidelik goed in sport ook en hierdie kind word van dit ontneem…

Bobby ·

Christa, dit is opmerkings van afrikaners soos jy wat my laat wens ek was engels

ChristaT ·

Ag nee man Christa regtig? Die kind is dan in die skool, hoe anders sou hy in ‘n sokkerspan geland het. Kan jy jou indink hoe teleurgesteld daardie kind moes voel en hoe seer dit moes wees om weggewys te word en al die onkostes wat die ouers moes aangaan en verloor het .

Boerseun ·

Dit is maklik, hou net op Afrikaans praat en verander jou “surname”. Jou naam bly relevant in engels so jy hoef nie dit te verander nie.

GM ·

Dis jammer dat hy van geleenthede ontneem is, maar het die ma nie ander Suid-Afrikaners ontneem van werk deur onwettiglik in die land te bly nie? Wie betaal vir die hofsake? Seker die belastingbetaler?

Santjie ·

GM – lees weer… sy het haar burgerskap gekry in 2008?

Johann ·

En ons SA burgers wat blootgestel word aan dieselfde chaos van n onbesonne en onbekwame “departement”? Wat van ons regte as SA BURGERS wat gereeld ontken word as dit kom by basiese dienste in ons eie land? Mag ons ook nou somme maak oor wat onbevoegdheid ons kos en die ANC daarvoor dagvaar?

Kollie ·

Presies wat van SA burgers wat al vir 20 jaar plus tot die belasting in die land bydra wie se kinders nou agv KWOTAS stelsels die geleentheid weerhou word om aan sport deel te neem, plaaslik sowel as oorsee? Dalk het Kongo weer ‘n goeie spannetjie .. gaan probeer julle luck daar.

anton ·

Ja nee……seker so goed soos die bafana – bafana span van S.A.

Chappie ·

Stem saam met Christa. Plaas dat sy aan n akademiese toekoms dink!!! Enige kind kan deesdae oorsee gaan met sport-dit is in vandag se tyd geen besonderse prestasie.

Tia ·

Chappie, die kind gaan skool, hy is in ‘n skole sokkerspan, wat doen jy om geleerdheid te kry? – Jy gaan skool toe……..

Koos ·

Elke Jan Rap en sy maat kom deesdae hier aan as ‘n “vlugteling”. Wanneer beplan sy om terug te gaan?

Ag tog ·

Hoekom het julle uit die KONGO gevlug? Is daar nie ‘n demokratiese bestel en ‘n regverdige regering waarvoor julle kon stem nie? Het julle nie al die blankes verjaag vir ‘n nie diskriminerende nie rassistiese land nie? Hoekom SA toe vlug? WEET JY gaan vertel jou HARTSEER vir die mense wat tydens APARTHEID glad nie aan enige sportbyeenkomste kon deelneem nie omdat die WESTE (einste Europa en Engeland en Australie wat nou so wal gooi) teen SA in gestel het agv apartheid. Soms gaan jy maar gebuk onder die REGERING se foute! En julle AFRIKANERS wat skaamkry vir my kommentaar . ek gee REGTIG nie om nie, ons BLANKE kinders is ook enige deelname aan sport VERBIED en word steeds deur KWOTAS verhoed om deel te neem .. dis maar so!

Soekie ·

Dis ons Binnelandse Sake vir jou. Useless verby!!!! My skoondogter wat ‘n Namibiese burger is, sukkel al van Jan2018 om ‘n Spousal Visa te kry om in SA by haar man te kan kom woon. SKANDE!!!!

Andre ·

n Vlugteling ? Waar kom hulle geld vandaan om hulle kind so rond te stuur ?

Namgrl ·

Andre, Ag Tog, Koos, Chappie, en andere wat so happerig is. Maak nou op die oomblik nie saak wat die mense se vlugteling status is nie, hoe hul in staat is om die geld bymekaar kon kry vir die toere nie. Die eintlike punt is Binnelandse Sake wat nie hul werk behoorlik kan doen nie. Dit kon met enige iemand gebeur – sou jul dit net so gelos het? Kom, staan saam en juig hierdie moeder toe…sy doen dit vir haar kind – onthou – dit moes vreeslik gevoel het, om nie een keer, maar 2 keer die deur gewys te word by die lughawe terwyl sy ander vriende deur gaan. Dit is tog ‘n belewenis wat ons nie ons kinders wil ontgun nie, reg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.