Ma van kritieke 2-jarige gevind

Foto: pixabay.com

Die ma van die tweejarige dogtertjie wat verlede week met kritieke beserings by die Motherwell-kliniek in die Oos-Kaap afgelaai is, is opgespoor.

Die dogtertjie is verlede Maandag deur ʼn onbekende vrou na die kliniek gebring en is tans in ʼn kritieke toestand op lewensondersteuningsmasjiene in die Dora Nginza-hospitaal aan die buitewyke van Port Elizabeth.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die kind se 24-jarige ma sowel as die 22-jarige vrou wat die kind by die kliniek afgelaai het, is geïdentifiseer.

Die peuter het ernstige beserings gehad en dit lyk asof sy aangerand is. Volgens Beetge het die 22-jarige vrou geweier om haar naam vir mediese personeel te gee en het sy bloot die dogtertjie as “Mazi” geïdentifiseer. Sy is daarna inderhaas daar weg.

Volgens Beetge het die ma glo die kind by die 22-jarige vrou gelaat om familie te gaan besoek. Daar word beweer die dogtertjie ʼn epileptiese toeval gehad het en dat sy op haar kop geval het.

Die vrou was glo in erge skok toe sy die dogtertjie by die kliniek afgelaai het en het onmiddellik na die ma gaan soek. “Die ma beweer daar was verwarring oor waar haar dogtertjie opgeneem is, maar dat sy later die dag haar kind in die hospitaal besoek het.”

Beetge het gesê die saak van poging tot moord word steeds verder ondersoek deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade in Motherwell.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Ondersoekers het aangedui die bewerings word ondersoek en dat hulle alle bewyse bymekaarmaak.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tanya ·

Hulle alby moet aan gekla word.Dit is nie ander mense se veranwoorlikheid om na jou kind om te dien nie die na moet aan gekla word ver kinder verwaarloosing en na vrou vir pooging van moord daar moet op getree word teen sulke mense

Lientjie ·

MAW hulle moet maar al die dagmoeders en kleuterskole ook sluit, want andeer word die ouers aangekla omdat hulle kinder in iemand anders se sorg was. Los jy nooit jou kinders ( as jy het ) by hulle ouma of ‘n vriendin nie.

Hans ·

Refleksie in die toetand waarin ons samelewing verkeer. Waar is die hoofnarre van Clifton en Sweizer nou?

elizabeth ·

Ek wonder dikwels in die gevalle waar die pa van die kinders is…

SoosDitIs ·

Dis hartseer maar die waarheid is dat die ma of nooit die pa (wat dalk n one night stand was) inlig sy is swanger nie en dan self die kind groot maak.
Of sy was verkrag (so hartseer soos dit mag klink, dit gebeur ook dat party vrouens – ek is seker BITTERMIN – die baba hou na die verkragting)
Of die ma weerhou die kind van die pa of die pa stel net nie belang nie.

Ons samelewing is ongelukkig maar so siek.

cor ·

Neem al twee in hegtenis. Kla die een wat die kind afgelaai het aan vir dwarsboming van die gereg omdat sy nie die kind se besonderhede gelaat het nie en ook vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Kla die ma aan vir kinder verwaarlosing en aanranding want sy het net soveel skuld. Die verskoning is altyd die ma het die kind by n ander een gelos om na om te sien en dit was glo n epilepsie , het die kind n geskiedenis van epilepsie indien wel moes die ma en die tannie ekstra versigtig gewees het. Toe Poppie en Daniel se moordenaars in die hof was het die narre buite geskreeu en dans , nou is daar niemand om klein “Mazi” se stem te wees nie . Sy gaan moontlik dit nie oorleef nie of dalk erge breinskade he.

nannie ·

@Elizabeth – baie pa’s en ma’s stel nie belang in hulle kinders nie.

GM ·

Tanya, dit lyk nie of jy jou kommentaar deurdink het nie. Ek is ‘n voorstander van ‘ma’s moet na hul kinders omsien’, MAAR hoe doen die oorgrote meerderheid mamma’s dit? Meeste moet werk sodat hul ‘n bord kos op die tafel kan sit, of klere te kan koop, of skoolgeld te kan betaal.
Glo my, om huismamma te wees is moeilik, en dit raak al hoe moeiliker omdat kostes orals so opgaan. En selfs huismamma’s kry kere wat hulle hul kinders noodgedwonge (of dalk uit eie keuse) in ander se sorg moet laat. Het jou ma jou 24/7 opgepas?

Noodgedwonge ·

Julle is te hard op Tanya .. BAIE KEER word kinders in die sorg van ‘n dranksugtige familielid gelaat of ‘n vriend/vriendin wat hulle seksueel molesteer. So NEE ek dink nie die ouer kan elke dag vir 24uur na hulle kyk nie maar WANNEER jy jou kind in iemand anders se sorg laat moet jy seker wees die persoon is ‘n verantwoordelike persoon EN dat die persoon ook weet van enige mediese toestande (soos die epilepsie) wat die kind aan ly. Respekteer ook ander se menings.

Laevelder ·

Of die kind was gemaak om die kindertoelaag te kry. Die grootste euwel van ons tyd, die kindertoelaag. In alle waarskynlikheid was hierdie arme kindjie al meer as een keer hel toe en terug. Die kindertoelaag moet regtig na eerste kind halfeer en sou daar wragtig n derde kind wees, nie betaal nie. In meeste gevalle werk albei ouers so hoekom moet hulle enigsins n toelaag kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.