Ma van ‘vermiste’ Durban-baba in hegtenis geneem

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Verskaf)

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Verskaf)

Die ma van die vermiste baba van Durban wat in ʼn kapingsdrama betrokke was, is Sondagoggend in hegtenis geneem.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, het die nuus Sondagoggend aan Maroela Media bevestig.

Polisieowerhede het die ma van die baba glo in hegtenis geneem omdat sy verbind kan word met die kapers wat vasgetrek is, maar Mathe kon die inligting nie onmiddellik bevestig nie.

Drie verdagtes is Sondagoggend vroeg in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het.

“Dit blyk dat die hele voorval beplan was. Die polisie veroordeel dit ten sterkste, omdat baie van die SAPD se hulpbronne in die saak onnodig gebruik is,” het Mathe gesê.

Kyle van Reenen van Marshall Security het Sondagoggend aan Maroela Media bevestig dat die baba tans by die pa is.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Vivian ·

As dit waar is, is dit veragtelik. Alle ma’s raak ontsteld as n kind gesteel word van een ma. Wel ten minste is dir kapers gevang en so kom die waarheid uit.

Catherine. Lucas ·

If she. Is involved then she does not deserve that baby God will protect that little angel she is not fit to be a Mother well done to the police and the news desk

Johanita Kumm ·

Ai tog!! As ek, wat in spanning die media dopgehou het vir enige terugvoer oor baba, gekul voel, hoeveel te meer die mense wat intensief betrokke was by soektog! Sies vir die ma wat so iets beplan het! Hoop die baba word in iemand se sorg geplaas wat haar liefde werd is!!

T ·

As die Ma skuldig is. Gee asb die baba vir aanneming. Want dan is sy dit nie werd om n Ma genoem te word nie.

Annerine ·

Gee die baba weg vir aanneming?? Wat van die pa, jy sê spesifiek as die MA skuldig is???????? Dis mos sy kind ook!!!!!????

Ek ·

En net daar besluit jy sommer die pa en oumas en die res van die familie is ook sleg. Nee man dink n bietjie voor jy praat of skryf

Johann ·

Kan ek net ‘n regstelling maak, die wet op Aaneming bepaal dat BEIDE ouers die baba sal moet afteken alvorens sy vir Aaneming beskikbaar mag wees

Jorita Burger ·

Dit sal nie help om kind aan te neem nie. Hulle moet die ma heeltemal steriliseer anders maak sy net nog waaroor sy nie worry nie…. sy is die naam van MA nie werd nie!!

ROELINE ·

die baba het darem nog ‘n pa ook hoop hy maak sy eie kind groot…..

Varkie ·

Dit maak sin.. ken nie baie kapers wat met n skreeuende baba sal sit op n hoofweg vir lank nie

Maritza ·

Ag nee!! Ek bid die hele naweek vir die mamma omdat ek self n mamma is en dan gebeir sulke goed!! Hoe kan sulke mense kinders kry en stabiele mense sukkel!!!!

Suspicious ·

Ek vermoed die feit dat die seuntjie weggekom het was nie deel van die plan nie en dis al hoekom sy die polisie gebel het…

Cherokee ·

Miskien, net miskien is dit ‘n geval van ‘n (buite-egtelike) pa wat die kind wou hê en ‘n ma wat ‘n kind probeer wegsteek het. Wag maar vir meer inligting.

LMF ·

Ek kry vermoede sy wou baba verkoop het want as ek na haar stem luister kon sy nie eers engels praat nie so wou seker n paar rand bymekaar maak sy is ook seker van die anderkant van die draad deurgesmokkel en sy moes oorleef want as hul nie die arme bloedjies weggooi nie verkoop hul hulle en het hoeka so kriewel oor die ene gehad

Hexi ·

Wil met jou saamstem, dalk ‘n rede gehad om van die ander ouer af weg te kom…

Lionel ·

Wat het dit nou met ras te doen? Dit gaan oor mense, nie rasse nie.

Sarie ·

Lionel. Èk sien niks van ras nie. Of is daardie kommentaar verwyder voordat ek die berig onder oë gehad het? Èk was dood bekommerd dat die baba dalk verkrag sou word… Vreemde dinge gebeur mos dikwels! Dank die Vader sý is ongedeerd…

ROENLINE ·

jip dit bly ‘n mens ……….;n onskuldige babatjie………..daar net een Hemel vir ons almal…..

T ·

Annerine ek praat van die Ma omdat hulle se SY is in hegtenis geneem. Daar is dalk nie n Pa nie.

Angelique Smith ·

Daar is n pa…..lees die berig….die baba is in die pa se sorg

snoepie ·

T
die berig sê duidelik dat die baba nou in die pa se sorg is

Susan@ ·

Hier sit ons almal in spanning en wag om te hoor of die babatjie gevind word!! Net om te hoor dat dit net weer ñ geval van korrupsie is. Hoe ewenaar jy geld met ñ klein lewetjie!! Siek wêreld!!! En die polisie wat moes soek…..het sy nie gedink hul het beter dinge om te doen nie!! Soos misdaad wat die mense in die land moedeloos maak!!

Piglet ·

T as jy die berig mooi lees sê hulle dat die baba tans in die pa se sorg geplaas is.

Bernedette54 ·

Ek sal sommer die baba aanneem. Hom al die liefde in die wêreld gee. Moeg vir wrede ouers wat nalatig is en hulle kinders mishandel.

sita ·

t, lees mooi. let op in die klas. die baba is by die pa. weet almal in die onderduimse komplot hoeveel trane was gestort our die kindjie, al is sy swart? hoe veel gebkid was vir haar veiligheid en nou blyk dit sy was ak die tyd veilig.

sita ·

t, lees mooi. let op in die klas. die baba is by die pa. weet almal in die onderduimse komplot hoeveel trane was gestort our die kindjie, al is sy swart? hoe veel gebkid was vir haar veiligheid en nou blyk dit sy was ak die tyd veilig. .

MANIE ·

Die berig se die kind is by sy pa. Dit se nie hy is in die sorg geplaas van die pa. Ek het geweet toe ek sien hoe die sage ontrafel iewers is n groot rot los. Kan ek die geld opeis van die kind want ek weet waar hy is .

CB ·

Ek dink nie mens moet verkul voel, soos ‘n vorige skrywer noem. Misdaad is misdaad. Die babatjie was die een wat hier ter sprake is. Of dit die ma of ‘n ander misdadiget was maak nie saak nie. Die baba was onderworpe aan misdaad hier. Dit is dalk ‘n bedekte seën dat die ma uitgevang is want wie weet wat sou in die toekoms met die babatjie gebeur het onder die ma se hand!!

snoepie ·

Sies vir die ma as sy skuldig is!! Hoe kan jou eie kindjie se lewe so min werd wees. Ek droom vir n kindjie van my eie; maar dis my nie beskore nie. Ek verstaan nie hoe n ma so iets kan doen nie :(

pixi ·

Ai en daar is iets wat ek elke dag se. Vrouens maak kinders en gooi hulle weg as of hulle gemors is en dan kry jy vroue wat baie graag kinders wil he. Nuus soos die kaping en baba is hartseer en ek weet nie hoe het mense nie gewete nie. Soos ek se al die is hartseer.

Voorlaaier ·

Verstaan glad ni haar motief vir di ontvoering ni. Di polisie het eers later i losprys geoffer…( wat di ma ni geweet nie)…. Waarom sal sy haar kinders dan laat wil ontvoer?

ml1988 ·

Dalk was die ma nie betrokke maar n kennis van haar het dit gedoen sodoende word die ma dadelik as deel van die kaping beskou. Ons weet nog te min om werkl te kan se. Net baie bly dat bab veilig in pa se sorg is.

T ·

Ek vra verskoning ek het eintlik bedoel ek glo nie die Ma en Pa woon dalk saam nie. Sjoe maar julle is lus vir stry so op die Sondag. Laat ek myself regstel. Sluit asb al die skuldiges toe.

T ·

Ek vra verskoning ek het eintlik bedoel ek glo nie die Ma en Pa woon dalk saam nie. Sjoe maar julle is lus vir stry so op die Sondag. Laat ek myself regstel. Sluit asb al die skuldiges toe.

Sonnie ·

Nee kyk ekke ook nou deurmekaar….en ook gebid vir baba se opspoor. Wat gaan tog aan??

Dit klop nie ·

Stem saam met Cherokee, mens moet maar wag vir meer inligting. Dinge klop nie, of die Ma het n vieslike veragtelike stunt getrek om die kind van Pa weg te kry of dalk losprys geld, dan die ander interssante idee, het iemand dit nie beplan om kinders van haar af te kry sonder fight in howe? Wel skuldige moet alle koste dra van Polisie& almal wat gesoek het!

Urz ·

Dankie tog die kind is veilig! Daar is baie pa’s wat beter vir hul kids sal kan sorg! Maar die mens veroordeel hulle altyd eerste!

Ekke ·

Hoop regtig dis nie so nie…..en daars n verduideliking….ai ai…

Alida ·

Daai vrou is siek in haar kop. Hoop sy boet vir haar veragtelike daad. Die SAPD het uitstekende werk gedoen net jammer hulle moes soveel ure tyd mors. Die pa moet nou die kind hou.

Sanet ·

Ai die statistiek….. dikwels iemand bekend aan die ‘slagoffer’. Dankie aan elkeen wat gesoek en gebid het vir baba se veiliger terugkeer.

Hannelie ·

Wat de…..en die groot vraag nou is seker waarom is die ma betrokke?????

Janine ·

Beide ouers is tans in hegtenis, volgens ander koerante. Hulle het haar verkwansel aan een of ander “cult society” in ruil vir geld en taxis. Dis veragtelik! Baba is in welsyn se sorg.

Odette ·

Ja dit het ons ook nie verras nie, ons hele gesin het van die begin af lont geruik- en daar is dit. Die baba was al die tyd veilig.
Geen respek vir hierdie mense nie, hulle is net heeltyd krimineel.
Wonder hoeveel geld het hierdie toertjie die belastingbetaler gekos het!

Hanna ·

Dis verder skokkend om te dink dat die ma se 8-jarige kind ook in die motor was toe hulle “gekaap ” is. Sy het hom dus doelbewus aan daardie trauma blootgestel; dit gaan my verstand te bowe!

Helene ·

Mense die afgelope paar jare gebeur die vreemdste en wreedste goed in ons samelewings en gemeentskappe. Mense het mal geraak oor geld, pornografie, die aanbidding van vreemde gode en alternatiewe sangoma gebruike. Seks is nie meer heilig en gekoester nie. Die mensdom se gejaag na weelde is verby die normale. Waar het God nog n plekkie? Mag diegene wat sulke dinge doen aangekla word vir moord teen die mensdom. n Kindjie veral so klein het nie n stem nie. Staan op en laat ons hierdie mense wys dat dit wat hulle doen verkeerd is!

SARIE VAN HEERDEN ·

Volgens koerantberigte het die pa 9 ander kinders en het hierdie kind se ma ‘n kerel. Hierdie hele episode verbaaas my nie as ek daagliks lees hoe onskuldige mense doodgemaak word nie. Hierdie kind is nie doodgemaak of gemartel nie, waarskynlik net gebaar om ‘n paar rand te kon losslaan.

SARIE VAN HEERDEN ·

Volgens koerantberigte het die pa van die kind reeds 9 ander kinders behalwe hierdie een, en die ma het, al is die kind slegs 1 maand oud, ook ‘n ander kerel. En as grootmense nie weet dat hul onwettige dade verkeerd is nie, hoe gaan jy dit by hulle tuisbring wanneer hul volwasse is?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek gee nie om WAT dit genoem word nie maar ek kan nie met hierdie tipe van alledaagse kriminele saamleef nie. Hy moet maar op sy mishopie sit, ek sit op myne en beskerm myself al weet ek niks van hul as mense of leefwyse.

Alida ·

Dit is baie baie siek storie. Miskien was dit afgespreek tussen die skuldige partye. Hulle het gehoop op die beloning (indien die SAPD) dit uitgeloof het maar nou gaan hulle niks kry nie. Sit maar lekker in die tronk julle wat betrokke was. Veragterlike mense.

Piet ·

As daar nie baie geld tersprake gekom het nie, dan was hierdie kind moontlik reeds opgekap vir Muti. Jy moet weet hoe ver agter is ‘n samelewing wat nog sulke praktyke beoeffen.

hennie ·

Hier is ‘n slang in die gras. Net na die bekendmaking van die kaping en vermiste baba, het die polisie blitsvinnig ‘n beloning van R250.00 uitgeloof .
Hoe het hierdie yslike sommetjie geld toe sy eindbestemming bereik? In wie se sak het dit beland?

VanAfrika ·

Eish, wat is nou eintlik die storie, baba is by die pa, ma en pa is toegesluit, baba in welsynsorg. Kan nou nog nie agterkom of sy losprys gevra het en het die polisie die R250 000 aangebied. Kan iemand die regte storie plaas asseblief

madels ·

Ek is nou geskok tot in my diepste wese! Wow! Hoe kan n ma so iets doen!??? Maar soos die Woord se Die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad. Dit lyk my hierdie ma is net ge-interesseerd in die geld! Skokkend, skokkend!

Annelie ·

Gelukkig het ek geen tyd of gebede op hierdie storie gemors nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.