Ma van vier as nuwe Idols SA-wenner gekroon

Berenike “Berry” Trytsman is pas as die nuwe wenner van Idols SA aangekondig. (Foto: Facebook/Idols South Africa)

Berenike “Berry” Trytsman, ʼn 31-jarige ma van vier, is pas as die wenner van die 17de seisoen van die gewilde sangkompetisie Idols SA aangekondig.

Trytsman, ʼn Kapenaar, het 12 miljoen stemme verwerf. Sy het met haar eerste oudisie die beoordelaars, Randall Abrahams en Unathi Nkayi, beïndruk met haar weergawe van “Never Enough” uit die musiekblyspel The Greatest Showman.

Kort nadat Trytsman, wat getroud is met die tromspeler Reiner Trytsman, as die nuwe Idols SA-wenner aangewys is, het sy gesê sy is “oorweldig, dankbaar en so gelukkig”.

Trytsman stap onder meer weg met ʼn kontantprys van R1 miljoen, ʼn platekontrak van Kalawa Jamzee Records, ʼn Renault Kiger ter waarde van R269 000, Truworths-geskenkbewyse ter waarde van R100 000, ʼn beurs ter waarde van R260 000 van Regenesys Business School, Yamaha-musiektoerusting ter waarde van R85 000 en ʼn Samsung Galaxy Fold 3-selfoon met die Vodacom Red 1000GB-plan.

Sy het ook haar nuwe Zoeloe-enkelsnit getiteld “Ungowami” gesing. Trytsman is daarvoor geloof dat sy dié Afrikataal met “eerbied en respek” hanteer.

Karabo Mathe van Hebron in Noordwes het die tweede plek verower.

The moment that seemed to go on forever, the announcement of Season 17's #IdolsSA winner! It's been a long, hard road, but this was the moment that it all became worth it for Idols SA Berry!Catch this, and all of the other EPIC moments from the finale, right here: https://bit.ly/3kVlYod

Posted by Idols South Africa on Sunday, November 21, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tinus ·

So min as wat ek belangstel in popkultuur en kompetisies – genade dame maar jy kan sing! Baie baie geluk en welgedaan!

Francios ·

Ek het net eerste reeks van idols gekyk. Die program het al sy glans al jaaaare terug verloor

Stofpoepertjie ·

Sjoe, nie die reeks gevolg nie. Maar Mev. Trytsman is nogals iets vir die oog, op n eenvoudige dog sjarmante manier. En dan kan sy nog sing ook. Baie geluk!

Konrad1226 ·

Wonder hoe sou Bob Dylan, Leonard Cohen en Keith Richards in die kompetisie vaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.