Ma vas ná sy baba in nek steek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige ma is Maandag in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo haar babaseun (2) met ʼn skerp voorwerp in sy nek gesteek het.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het op 5 Februarie by die vrou se huis in Makhaza plaasgevind, waarna die vrou op vlug geslaan het.

Die baba is na ʼn hospitaal geneem en het die aanval oorleef. Hy in die sorg van die departement van maatskaplike ontwikkeling ontslaan.

“Die ma is Maandag in De Doorns opgespoor en in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord,” het Van Wyk gesê.

Die vrou sal na verwagting Dinsdag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

tina ·

Ek het nie woorde en kan net my kop in ongeloof skud. Baie hartseer :(

Christa ·

Ek dink vir ‘n land wat nie in oorlog betrokke is nie, is die mense in ons land van die wreedste en mees geweldadigste in die wereld! Wat ‘n skade!!!

andrea van vuren ·

Barbaars! Wil graag sê hoe ek voel maar het nie geld om my borgtog te betaal nie…

basie ·

As jy te arm is vir nog kinders en jy besef jy is swanger, gaan dan vir n aborsie. Dit word gratis by staatshospitale gedoen en die probleem is oor en verby. Baie beter as om die probleem self te probeer oplos.

Savethetigerplz ·

Nou wat gaan aan in so ‘n ma se kop?? Daai ou klein seuntjie wat net liefde vra. Sy is sekerlik op drugs

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.