Ma vas ná sy glo baba op ashoop los

Die vullisterrein waar die baba gevind is. Foto: Verskaf deur SAPD

ʼn 26-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar pasgebore baba op ʼn vullisterrein naby Wells Estate in Port Elizabeth gelaat het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, sê lede van die gemeenskap het die baba hoor huil en die kaal babaseuntjie op die vullisterrein aangetref. Volgens Beetge is polisiebeamptes na die toneel ontbied en het hulle die bloedspoor gevolg wat hulle tot by ʼn huis in Kolisistraat gelei het.

Volgens Beetge was die ma nie tuis nie, maar is by ʼn nabygeleë huis waar sy weggekruip het in hegtenis geneem.

Die baba ontvang tans mediese behandeling in die Wells Estate-kliniek en sal na die Dora Nginza-hospitaal oorgeplaas word.

Die ma word aangekla van poging tot moord en kinderverwerping en sal Vrydag in die Motherwell-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Santie ·

Daar is geen verskoning vir ‘n ma wat ‘n pasgebore baba op die ashoop gooi nie. Soos gemors!Iets waardeloos! Daar is baie plekke waar sy die baba veilig kon gaan neersit as sy die kind nie wou hê nie.

Inx ·

Ma….sy is nie die naam werd nie! Ek is so bly hulle het haar opgespoor. Dat ‘n mens so iets kan doen…

Wonder net ·

Maak dit dan werklik saak wanneer die ma die baba doodmaak. Dis ok as die baba nog in haar maag is, maar nie na geboorte nie. Ek verstaan glad nie hoe mense dit enigsens regverdig nie.

Ai Ai ·

Ai en dit maak my hart so so bitter seer om so iets te lees , ek sukkel al 4 jaar om n baba te kry en ander mense gooi die baba”s so weg breek my hart :-(

Mickey ·

Hi, Ai Ai. Daar is n fertaliteits homeopaat in Kilnerpark Dr Prinsloo wat al baie vrouens gehelp het met fertaliteots probleme. Twee van my vriendinne wat vir jare gesukkel het binne een maand en die ander een binne 3 maande swanger geraak.

Klara ·

Dis vreemd. Geen ma wat in SA ‘n aborsie ondergaan word ooit aangekla van poging tot moord of kinderverwerping nie. Ons het dubbele standaarde. Vermink, doodmaak en weggooi voor geboorte is volkome okay, maar weggooi op die ashoop ná geboorte is nie okay nie… Dan word die ma gearresteer. Hoe dan nou?

Skerpioen ·

Ek dink jy het vergeet dat ons siek land al laaaaank al aborsies wettig gemaak het. Ons bly in n land waar aborsies en dagga wettig is. Waar hulle probeer om grond te vat sonder betaling. Die land is in n gemors.

Johann Holtzhausen ·

Ek stem 100% saam met jou, Klara ! Ek sien ook nie wat die verskil is nie. Die een beland lewend op ‘n ashoop, die ander dood in die “incinerator”.

Mrs H ·

Sjoh! Wat gaan aan in PE?! N mens kry die indruk dat daar net twee en n halwe polisie manne in die hele plek is.

wielie ·

En net gister is n vrou inhegtenis geneem vir n dag oue baba wat sy ontvoer het ……… hier is n weggooi baba ………. gratis en verniet!!!

marina appelgryn ·

Verstaan nie! Daar is genoeg en groor verskeidenheid voor behoed middels beskikbaar! As jy nie jou kan inhou, sorg dan dat kind nie verwek word!! Geen verskoning vir ongewensde swangerskap in vandag se tyd.!!!

Elsa ·

Dis ook iets wat ek nog nooit kon verstaan nie. Mense wat ‘n kindjie met hulle hele hart begeer en vir so ‘n kindjie ‘n liefdevolle huis en stabiele toekoms kan bied, se babas gaan dood of hulle kan nie kinders kry nie. Dan kry jy weer dié soos hierdie ma, wat geen probleem het om swanger te raak nie, maar nie verdien om ooit ‘n moeder te wees nie. Mag hierdie weerlose babatjie mooi herstel en mag daar iemand wees wat hierdie kindjie met ope arms sal wil ontvang en met liefde sal grootmaak.

Lizzy ·

Nie eers ‘n hond los haar werpsels op straat nie… Dit is walglik en ek is bly hulle het haar aangekla van poging tot moord. Nie dit werd om ‘n “ma” te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.