Ma vas ná sy glo baba verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige ma is Dinsdag in Nelspruit in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige dogter verkoop het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die ma het na bewering haar biologiese dogtertjie vir R5 000 aan ʼn 45-jarige vrou verkoop.

“Die dogtertjie is dieselfde dag in Springs in Gauteng gevind en na ʼn plek van veiligheid geneem,” het Mulaudzi gesê. “Die ma en Momthandazo Nkuna (18), wat glo by die verkoopstransaksie betrokke was, is in hegtenis geneem en het reeds in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 Desember uitgestel, wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.”

Mulaudzi het gesê die kind se beweerde koper sal na verwagting Donderdag in dieselfde hof verskyn op aanklag van mensehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fanie ·

Ag ja…… Kry toelaag by staat per kind. Verkoop kind.
Kry nog steeds toelaag. Bou ‘n nasie…….Lmga!!!

Loon ·

Hi Fanie, jy het vergeet van die R5000!
Klink vir my half na n piramide skema!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.