Ma vas ná sy glo seun skiet

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn 45-jarige ma van Mdantsane in die Oos-Kaap is Woensdag in hegtenis geneem ná sy glo haar 24-jarige seun doodgeskiet het. Dit nadat die oorledene na bewering sy suster met ʼn wielsleutel aangerand het.

Kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 13:30 in die Slovo Park-nedersetting in Mdantsane plaasgevind.

“Daar word beweer dat die oorledene ’n argument met sy suster gehad het nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy haar selfoon gesteel het. Hulle het glo fisiek begin baklei en die oorledene het sy suster met ’n wielsleutel aangerand,” sê Mzuku.

“Die ma het glo daarna haar kêrel se vuurwapen geneem en haar seun doodgeskiet.”

Die omstandighede van die voorval word ondersoek.

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Mdantsane verskyn op aanklagte van moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Casper ·

Hoe het sy so maklik toegang tot die vuurwapen verkry.Of sy het die sleutel gehad of die vuurwapen was nie in ‘n kluis soos vereis word deur die wet op vuurwapens nie.Die ma het duidelik nie ‘n idee wat selfverdediging in die ware sin van die woord beteken nie.

Persheks Adri ·

Wat op dees aarde?!? Skiet jou kind met die kêrel se wapen? Die ou gaan ook seker aangekla word vir nalatigheid oor sy vuurwapen indien die wapen rond gelê het…

Sarel ·

Selfverdediging…sy het haar dogter beskerm

Ongelukkig met iemand anders se vuurwapen

Sarel ·

Casper &, Persheks Adri lees mooi..sy het haar dogter
Beskerm…..so Ma wat besluit moes neem.Seun of Dogter
Moes nie msklik gewees het nie

Elmarie ·

Kon sy hom nie dan in die been or arm geskiet het as waarskuwing nie?

Cherokee ·

Sover is die kommentaar van Sarel die enigste wat sinvol is. Haar dogter se lewe was in gevaar en sy het haar dogter beskerm.

Elinette ·

So dan gee dit jou outomaties die reg om iemand anders se lewe te neem en nóg ‘n ander persoon in die warm water te laat beland deur daardie persoon se skiet met die ander persoon se vuurwapen?

VaalDonkie ·

Dames, as iemand se lewe in gevaar is, mag jy die aanvaller se lewe neem. En waarskuwing skote is ‘n baie goeie manier om iemand per ongeluk raak te skiet.

Elmarie ·

Sy kon waarskuwings skote geskiet het as daar dan geskiet moes word

VaalDonkie ·

Klink vir my soos geregtelike noodweer. Die vrou behoort onskludig bevind te word as dit werklik gebeur het soos dit beskryf word.

Anoniem ·

Moenie oordeel nie want ons weet nie wat die omstandighede was nie…….heel moontlik kon die ma nie meer haar seun se gedrag hanteer nie en hierdie was die spyker in die doodskis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.