Ma vas ná sy pasgebore baba in puttoilet gooi

Argieffoto

ʼn 21-jarige vrou van Dinokana in Noordwes word van poging tot moord aangekla nadat sy haar drie dae oue baba in ʼn puttoilet gegooi het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het glo besluit om haar baba in ʼn puttoilet te gooi omdat haar familie nie geweet het dat sy swanger was nie.

Funani sê die vrou het na bewering sonder enige hulp gekraam en die baba self gevang.

Volgens haar het ʼn familielid van die vrou onraad vermoed toe sy bloed by die puttoilet opgemerk het. “Terwyl sy nog erg geskok was, het die baba begin huil waarna sy haar suster en hul bure na die toneel geroep het. Die EMRS-nooddiens en die polisie is na die toneel ontbied waarna die baba uit die puttoilet gered is.”

Sy sê die ma en die baba is na die hospitaal geneem, waar hulle onder polisiebewaking was, om ondersoek te word.

Funani sê die vrou sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Lehurutshe verskyn. Welsynsdienste sal in die komende dae oor die baba se toekoms besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hanna ·

Voorbehoeding is absoluut orals en boonop gratis beskikbaar, maar nee… Ons raak nig steeds ongewens swanger! En dan kry jy die mentaliteit van “HIV is maar net nog n siekte”. Either way, die belastingbetalers gaan tog maar op die ou end vir die gelag betaal!

Bekommerd ·

Inligting moet beslis deur gegee word dat ‘n pil nogsteeds beskikbaar is na ‘n verkragting. Aborsie is die volgende opsie! Hierdie arme onskuldige baba het nie gevra om gebore te word en dan wreed in ‘n puttoilet gegooi te word nie! Sy sal maar haar straf moet dra

Maro ·

Dis baie hartseer. Maar verkragting speel ook n groot rol in ongewenste swangerskappe. Dit bly onaanvaarbaar dat sy nie die baba kon aangee vir aanneming nie.

Piet Pompies ·

Ons dogter en haar man sukkel al jare om swanger te raak en is nog steeds kinderloos… hier gooi ‘n moeder haar kind weg…

Liezl ·

Ja Piet Pompies. Ons ook, amper 8 jaar…het al deur al die kanale gegaan wat n mens moet gaan….in vitro, stil geboorte, kunsmatige inseminasies…noem maar op. Bly nogsteeds biddend, dan maak hierdie opskrifte my woedend. Alle seën vir jou dogter word haar toegebid. Mag onvrugbaarheid omgedraai word in vrugbaar wees, in die naam van Jesus

PJC ·

Ek dink wetenskaplikes moet nou vorendag kom met ń pil wat mense sommer permanent steriel maak siende dat hulle skynbaar vrye teuls gee aan hulle drange en dan agterna nie weet hoe om die gevolge te hanteer nie.

Besemryer ·

Ek stem heelhartig saam! Oral word daar gekyk na ‘hulp’ vir hulle horde, verhongerde verwerpte kinders maar selde word daar EFFEKTIEF na voorbehoeding gekyk. Volgens hulle is kinders ‘geskenke’ maar hulle smyt so graag die ‘gifts’ en ‘preciouse’/weg

Oosie ·

Die staatstoelae wat betaal word vir kinders soos hierdie is ook ‘n onding. Die ma’s jaag die geld (toelae) na en dit gaan nie oor die kind nie. Sodoende is ‘n bose kringloop geskep van verwerpte kinders en word ‘n generasie van misdadigers grootgemaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.