Ma vas oor baba op snelweg

Argieffoto

Argieffoto

Die sestienmaande oue baba wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het, se ma is in hegtenis geneem.

Sers. Obakeng Mabaso, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is Vrydagaand in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. “Sy sal tereg staan op aanklag van kinderverwaarlosing.” Die ma is glo 19 jaar oud.

Die kind het omstreeks 19:00 Donderdagaand langs die snelweg gestap toe hy byna deur ʼn vragmotor raakgery is. Die verkeerspolisie het gesien hoe die vragmotor meteens uitswaai waarna hulle die kind opgemerk het. Die seuntjie is deur die polisie na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veronica Deacon ·

Steriliseer haar. Dit is absoluut ondenkbaar om ‘n kind op so ‘n gruwelooslike wyse die ewigheid te probeer instuur. Waarom nie die kind in die eerste plek uitgegee het vir aanneme nie.

ai toggie ·

Die ma was seker in die sjebeen besig om te kuier! Kinders wat kinders kry! Ek stem – steriliseer haar! Hulle kry kinders by dosyne wat dan kry hul toelae elke maand! En as die kind gestremd is kry hul meer. Arme kinders. Hoop nie sy kry hom terug nie. Mag hy n ma en pa kry wat lief is vir hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.