Ma vas oor baba se steekdood

Argieffoto bloot ter illustrasie, (Foto: Unsplash)

ʼn Ma wat glo verantwoordelik is vir haar eenjarige babadogtertjie se dood oor die naweek, sal Maandag in die Taung-landdroshof in Noordwes op ʼn aanklag van moord verskyn.

Die 28-jarige vrou het Vrydag glo die huis met haar babadogtertjie verlaat en later sonder die kind teruggekeer.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die baba se grootouers het Vrydag laataand ʼn klag by die polisie ingedien nadat die ma vroeër die aand met hul kleinkind by die huis in Dryharts weg is en later alleen teruggekeer het. Die grootouers het die ma gepols oor waar die kind is, maar sy kon glo nie ʼn verklaring gee nie.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en die babalykie is Saterdagmiddag in ʼn oop, bosagtige gebied gevind.

Die baba het ʼn steekwond aan haar nek gehad. Paramedici het die kind op die toneel dood verklaar en die ma is dadelik in hegtenis geneem.

“Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Sello Kwena, het die grootouers bedank dat hulle die voorval vinnig aangemeld en saam met die polisie gewerk het om te verseker dat die baba se ma aangekeer word,” sê Myburgh.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Afskuwelik! Watse monster doen dit aan jou baba? Dis hierdie tipe wat verhoed moet word om swanger te raak

Swerwer

Onmenslik. Hoe op aarde kan jy jou eie kind soveel leed aandoen en lewetjie neem. Mag sy haar regmatige straf uitdien vir haar optrede.

Tanniepetoors

Hoe uiters, uiters hartseer en tragies. Post-natale depressie, armoede, so baie ander dinge wat kon aanleiding gegee het tot hierdie vrou se desperate daad. So jammer vir haar en familie.

JM

Hoe doen ‘n ma soiets?!