Ma vas oor dwelms; seuns terug na SA

Argieffoto

Argieffoto

Twee Suid-Afrikaanse seuns gaan van Brasilië gerepatrieer word nadat hulle ma vir dwelmhandel in hegtenis geneem is, het die departement van maatskaplike ontwikkeling Woensdag gesê.

Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement, het gesê die ma het glo in Brasilië by dwelmhandel betrokke geraak. Sy het glo met dwelms handel gedryf tussen Brasilië en Portugal. “Sy is in Portugal in hegtenis geneem waar sy tans in aanhouding is en wag om verhoor te word.”

Die seuns, sewe en 13 jaar oud, is in Brasilië agtergelaat en het op straat in Sao Paulo gewoon. Die Brasiliaanse owerhede het die twee seuns na die Suid-Afrikaanse ambassade gestuur.

Die twee seuns sal met hul terugkeer in die sorg van pleegouers geplaas word. Hulle sal na verwagting Donderdagoggend in Suid-Afrika aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anita ·

Die seuns sal beter af wees by ‘n voog, dit is as die voog ‘n eerlike persoon is. Die moeder wis wat sy doen, elke persoon die hierdie risiko neem is bewus van die daad.

Miskien is ek hard…maar mag sy rot in die gevangenis…want sy het genadeloos mee gehelp om die lewe van persone veral jong mense te vernietig vir haar eie gewin.

Nina ·

Is elkeen wat dwelms gebruik, nie ook groot genoeg om ander besluite te neem? Dis nou soos om te sê McDonald’s maak mense vet?

Ek hoop die kinders eindig op in ‘n goeie huis. Dis ongelooflik hartseer dat hulle in die middel sit van volwassenes se dom besluite. :(

Estelle ·

Nina nee dwelm misbruik is nie so maklik dat die persoon net kan se NEE nie! stem saam moes in die eerste plek nie “geeksperimenteer” het nie, maar met sekere dwelms is dit na die eerste keer tickets bv heroien! Baie dwelms is chemies en het ‘n baie groot inpak op die brein, nie maklik vir die gebruiker om te los nie!

Elizabeth ·

Nina, daar is mense wat dit onwetend ingekry het – onthou dwelmsouse soek altyd nuwe “kliënte”, so is altyd op die uitkyk om afhanklikes te kry/maak. Ek het al baie gehoor hoe mense se koeldrank/drankie by partytjies ge-“spike” word so moenie dink dis altyd ‘n geval van ‘n “keuse” hê nie!

Estelle ·

Sy het nie net haar kinders se lewens verwoes nie, maar doen dit met derduisende ander kinders en jongmense! Stem saam, hoop Potugal is een van die lande waar jy doodstraf kry vir dwelmhandel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.