Ma vas oor kinders wat in geslote huis doodbrand

tronkdeurTwee kinders wat oor die naweek in ʼn huisbrand in Jabulani in Soweto gesterf het, se ma is Maandagoggend in hegtenis geneem.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die ma is aangekla van strafbare manslag en kinderverwaarlosing.

Die kinders, onderskeidelik vier en ses jaar oud, is Saterdagaand dood toe hulle sonder toesig in ʼn brandende huis vasgekeer was. Die ma het hulle glo in die huis toegesluit en ʼn verwarmer aan gelos.

“Die polisie het bevind die ma was nalatig om die kinders in die huis toe te sluit, met die verwarmer aan,” het Makhubela gesê.

Bure moes by die huis inbreek om die kinders te red. Die kinders is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met hul aankoms dood verklaar.

Volgens Makhubela wou die kinders se ma en haar vriend glo hul liggame uit die hospitaal verwyder sonder om die polisie in kennis te stel.

Die polisie het aanvanklik ʼn klagte van kinderverwaarlosing ondersoek, maar dit is na strafbare manslag verander.

Die ma moet binnekort in die Protea-landdroshof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marieta ·

En ek kan amper daarop wed dat sy met ‘n waarskuwing vrygelaat gaan word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.