Twee kinders wat oor die naweek in ʼn huisbrand in Jabulani in Soweto gesterf het, se ma is Maandagoggend in hegtenis geneem.
Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die ma is aangekla van strafbare manslag en kinderverwaarlosing.
Die kinders, onderskeidelik vier en ses jaar oud, is Saterdagaand dood toe hulle sonder toesig in ʼn brandende huis vasgekeer was. Die ma het hulle glo in die huis toegesluit en ʼn verwarmer aan gelos.
“Die polisie het bevind die ma was nalatig om die kinders in die huis toe te sluit, met die verwarmer aan,” het Makhubela gesê.
Bure moes by die huis inbreek om die kinders te red. Die kinders is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met hul aankoms dood verklaar.
Volgens Makhubela wou die kinders se ma en haar vriend glo hul liggame uit die hospitaal verwyder sonder om die polisie in kennis te stel.
Die polisie het aanvanklik ʼn klagte van kinderverwaarlosing ondersoek, maar dit is na strafbare manslag verander.
Die ma moet binnekort in die Protea-landdroshof verskyn. – SAPA
En ek kan amper daarop wed dat sy met ‘n waarskuwing vrygelaat gaan word…