ʼn 40-jarige vrou is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die moord op haar tweejarige seuntjie.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in die Lwamondo-nedersetting in Vuwani plaasgevind.
“Die ma het na bewering saam met haar drie kinders in haar kamer geslaap. ʼn Familielid het in die vroeë oggendure wakker geword nadat sy bloedstollende gille gehoor het. Die familielid het gaan ondersoek instel en op die vrou afgekom waar sy by die ingang van die huis langs haar kind se liggaam gesit het,” het Ngoepe gesê.
Die polisie is ontbied en het spoedig gereageer. “Die polisie het met ʼn voorlopige ondersoek begin wat tot die ma se inhegtenisneming gelei het. Die motief vir die moord is nie bekend nie en word ondersoek. Die oorsaak van die kind se dood is ook nog nie bekend nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit vas te stel.”
Die vrou moet eersdaags in die Vuwani-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met plaaslike kundiges in verbinding te tree in verband met enige maatskaplike probleme, eerder as om hulle tot geweld te wend.
Wat n vlaag van kinder moorde die laaste tyd
En dan nog van die ma of pa self wat dit pleeg!!!
Is ons mensdom nie besig om te word en te wees soos in die dae van Noag . . . en Sodom en Gomorra nie?
SA se mense is BAIE SIEK !
Jong DIE duiwel woeker lekker met sy talent in die wereld
met respek mnr polisie woordvoerder …. die sap antwoord nie eers hul noodlyn nie , wat se kans is daar dat plaaslike kundiges mense wat radeloos is gaan bystaan ? Die staat se verantwoordelikheid is om sosio ekonomiese probleme daadwerklik aan te spreek en die polisie se verantwoordelikheid is om die mense te beskerm , en almal weet wat se fantastiese suksesverhaal dit is .
Nuwe noodnommer vir SAP is
08600 10111.
Lana; dit is nie ‘n nuwe noodnommer nie. Die 08600 is verskeie jare gelede reeds vooraan gelas, maar min mense weet dit tot vandag toe.