Ma vas vir moord op sesjarige

Die meisietjie se liggaam is in ‘n suikerrietplantasie gevind. (Foto: IPSS Medical Rescue)

Die ma van die sesjarige Alexia Nyamadzawo, wie se liggaam Dinsdag in ʼn suikerrietplantasies in KwaZulu-Natal gevind is, het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van haar dogter se moord.

Maroela Media het aanvanklik berig dat Alexia se ma aan die polisie gesê het ʼn onbekende man het haar motordeur oopgeruk toe sy naby Shayamoya by ʼn spoedhobbel spoed verminder het.  Hy het die meisietjie, wat op die agterste sitplek gelê en slaap het, uit die voertuig gegryp.

Die ma en haar ander kind (14) het van die toneel gevlug en ʼn grootskaalse soektog is na die sesjarige kind begin, het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, gesê.

Luidens ʼn polisieverklaring Woensdagoggend het die polisie Maandag ʼn 42-jarige vrou ondervra en haar toe van moord aangekla.  Dié vrou blyk nou Alexia se ma te wees.

Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Fungai Nyamadzawo (42) Woensdag vlugtig in die Umhlali-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg. News24 berig dat sy in aanhouding sal bly tot 10 Junie, wanneer sy weer in die hof sal verskyn om aansoek om borgtog te doen.

Die NVG wou nie meer inligting bekendmaak nie aangesien die polisieondersoek steeds voortduur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

Vermoor deur jou eie ma?
Dis bitter erg!!!

Estelle

Ai my hart is so seer as onskuldige kinders vermoor word!!! En dan is dit nog die ma! Die een wat haar moes beskerm. Dis afgryslik!!

Willem

Wat kan mens se

Botterblommetjie

Die wêreld is n hartseer boek….

Magda

Sy verdien nie woord MA nie – hoop haar straf gaan baie lank en bitter swaar wees.