Ma vas vir moord op sussies

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Jong ma het in die hof in Atteridgeville verskyn ná die dubbelmoord op haar twee kinders.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die kinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, se liggame is Vrydag in ʼn verlate gebou in Atteridgeville aangetref.

“Die kinders was onherkenbaar verbrand, hul identiteit was onbekend en daar was byna geen inligting oor die omstandighede rondom hul grudood nie,” het Peters gesê.

Die polisie het ʼn sogenaamde prioriteitsondersoek van stapel gestuur en binne twee dae is bepaal die kinders was sussies. Die ondersoek het ook tot Sondag se inhegtenisneming van hul ma by die Stadium Plaza-winkelsentrum in die buurt gelei.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het die spoedige inhegtenisneming verwelkom.

Die vrou het Dinsdag in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Die motief vir die moorde is in hierdie stadium onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PETRO ·

Kan jy glo!? Sal nou nogal graag wil uitvind presies wat het hier gebeur? Wat op aarde kan n Ma daartoe dryf om albei haar kinders so wreed te vermoor?

Hennie J ·

Noodgedwonge skree mens as jy dit lees : DOODSTRAF!!!!! n Mens kan egter ook raai dat hierdie moorde moontlik weens ekonomiese redes gebeur het. Indien dit so is moet die piesangregering pa staan daarvoor. Hulle het ons florerende ekonomie vernietig, werksgeleenthede koelbloedig vermoor en moedig geboortes aan met hulle kindertoelaag en weier om geboortebeperking af te dwing.

Misky ·

Twyfel sterk of dit oor finansies gegaan het as sy by `n winkel sentrum inhegtenis geneem is. Maar ek stem saam met jou punt dat regering in baie opsigte verantwoordelik is vir ons verknorsing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.