Ma vas vir moord op twee kinders

kook-kosmaak-pot

(Foto: Tookapic/Pexels.com)

ʼn 38-jarige vrou van Tseki in die Vrystaat is in verband met die moord op haar twee seuns in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die seuns, onderskeidelik 15 en 19 jaar oud, het siek geword kort nadat hulle van die skool af teruggekeer en kos geëet het wat hul ma vir hulle voorberei het.

Hulle is met ʼn private voertuig na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hulle later dood is.

Die ma is kort daarna met dieselfde simptome as haar kinders in die hospitaal opgeneem, waar sy steeds behandel word.

Die polisie het twee sake van moord aanhangig gemaak en die ma in die hospitaal in hegtenis geneem.

Dit is nie bekend wanneer sy ontslaan sal word en in die hof verskyn nie.

Die ondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Emily ·

Hoekom is die ma dan in die hospitaal as sy die kinders wou vergiftig, sou sy mos nie saam geeet het nie of hoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.