Ma vas vir wrede moord op baba

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

WAARSKUWING: Die inhoud in dié berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Die polisie het ʼn 35-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy glo haar eie sewe dae oue baba in ʼn plaaslike hospitaal doodgemaak het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê die voorval het by die Zebediela-hospitaal in Magatle buite Lebowakgomo plaasgevind.

“Die verdagte het by die hospitaal geboorte geskenk en die baba was steeds onder verpleegsorg in die kindereenheid,” het Ngoepe gesê.

“Sy het later in die saal ingegaan en gemaak of sy die kind wil borsvoed. Sy het die baba uit die broeikas gegryp en die verpleegster met die baba aangerand, waarna sy die baba op sy kop teen die grond geslaan het.”

Ngoepe het gesê die baba is op slag dood. Die polisie is ontbied en die vrou is dadelik in hegtenis geneem.

Sy moet binnekort in die Magatle-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Mathilda` ·

Ek praat dit geensins goed nie, maar geen mens weet waar deur sommige mammas gaan nie, veral na die geboorte van ‘n kindjie. Ek glo dit was nie haar intensie nie, maar dat sy dalk depressie gehad het. Mag die babatjie in vrede rus!

Geskok ·

Mathilda regtig waar??? Daar is absoluut GEEN verskoning vir haar dade nie… Gee eerder die baba vir aanneeming as wat hy hom of haar aanrand…

Anna ·

Dis waar. Mense moet bietjie postnatal psychosis gaan Google en dan besluit of hulle nog so lekker wil veroordeel

Angelika Swartz ·

Goeie More Mathilda, ek is n nuwe mamma my prinses is nou 7 maande oud ek het depressie gehad na haar geboorte niemand gesê nie natuurlik was baie emosioneel ek het dit gehad omrede my kind gebore is met clubfeet sy is so perfek en nuut dan moet sy so lei op 3 dae oud gips dra en almal kyk na my as n slegte ma…… maar net die gedagte om haar nie in my lewe te he nie laat my in trane uitbars…. depressie of nie as jy lief is vir jou kind sal niks veroorsaak dat jy jou kind teen die grond dood slaan nie dis nie normaal nie…….

Ben ·

Die ma was dalk verkrag gewees en wou nie kind nie gehad het nie? Mense doen nie sommer dinge sonder ‘n rede nou nie. Die waarheid sal wel uitkom.

Seer Hart ·

My hart is seer…. dan is daar mammas (soos ek) wat baie graag ‘n klein lyfie van haar eie wil vashou en liefhê dan lees mens sulke goed.

Tanya ·

Ek stem met jou saam Seer Hart. Ek het my pragtige blondekop prinsessie op die ouderdom van 3 verloor en het nie ander kinders nie. Dan lees mens hierdie ontstellende goed! En nog meer ontstellend is die kommentaar wat die mense lewer.

Zel ·

Sterkte Seer Hart! Ek stem saam met jou. Ek kan nie dink dat iemand so iets kan doen nie. Ek het ñ hartsvriendin wat so graag ñ mamma wil wees maar ongelukkig was dit haar nie beskore nie. Ek het self kinders en my eie hart breek vir daai ou klein lyfie. Dis ongelukkig net nie normaal om so op te tree nie.

Kowa ·

Hoekom lewer die Polisie van KwaZulu-Natal kommentaar op ‘n voorval wat plaasgevind het in ‘n hospitaal in Limpopo? Sover ek weet is Zebediela en Lebowakgomo in Limpopo nie in Natal nie.

Nene ·

Indien dit die geval was, kon sy n wettige aborsie oorweeg het of die baba laat opgee het vir aanneming.

Se maar net ·

Dit regverdig dit nie om ‘n ONSKULDIGE baba so wreed te vermoor nie! Dan laat jy die kind aanneem of los hom in die hospitaal en loop weg, maar liewe hemel, mens vermoor nie ‘n baba nie!

Spook ·

RERIG Mathilda????
Dis nie normaal nie!!!
Nageboorte depressie of nie.
Dit bly verkeerd!

So mense kan doen wat hul wil aan kids as hul aan depressie of iets lei..
hul word verskoon!.

Jennefer ·

Tot versteurde vroue word toegelaat om kinders te kry. Die “grant” sisteem veroorsaak tienerswangerskappe ook en 80% van die babas se geboortesertifikate dui geen vader aan.

Carine ·

Ek het nie woorde vir sulke wreedheid nie. Sy dra die babatjie 9 maande lank en in haar baarmoeder word hierdie wonderwerk bietjie vir bietjie gevorm, en dan dit? My hart is bitter seer. Hoeveel kinders daar buite gebeur die wreedste goed nie mee elke dag, na hul nie gevra het om hier te wees nie.

Spraakloos ·

Dis so vreeslik tragies.Ons al 2 ons kinders verloor jaar agter mekaar eers ons seun in tref en trap voor Vadersdag die jaar da na ons dogter met gewas op die brein.Mens kan nie dink iemand kan so iets doen nie……………………………..

Tanya ·

Jammer vir julle verlies Spraakloos. Ek weet waardeur julle gaan.

Anna ·

Daar is iets soos postnatal psychosis en dit is NIE dieselfde as depressie nie. Vrouens met wie dit gebeur is totaal verwyder van realiteit en kan nie vir hul dade verantwoordelik gehou word nie. Mens kan maar net hoop dat dit is wat
hier gebeur het.

Alta Potgieter ·

Ai so hartseer …..soveel mammas wat deesdae babas vermoor

Sterkte aan die ma ·

Mathilda, Ben n Anna,stem 100% met julle saam.

Regtig waar ·

Spook…regtig!!!! Jy weet duidelik nie hoe dit is om nageboorte depressie te he. Jou oordeel is maar vaag

Ai ·

Nou toe ‘Regtig waar’, vertel ons dan van jou ervaring met postnatal depression en hoe dit n gruwel daad teenoor n baba regverdig.

Spook ·

Glo my ek weet.
Was al daar maar dit het my nogsteeds geen reg gegee om my kid skade te berokken nie..
Geen mens het die reg om dit aan n ander te doen nie..
veral nie aan n skadelose baba wat aan haar geleen is ni.
nes ons kids.. dis God se kinders!
Dai kid het geen kans gestaan nie
DIT BLY VERKEERD.
Maak nie saak wat die rede is nie

Johanna ·

Dis so hartseer. Ons mag haar nie oordeel nie. Omstandighede is net aan God bekend.

Kevin ·

Daar word by-laws ingestel vir mense en hul diere. Dink dit is hoogtyd daar daar dalk n by-law ingestel word teen mense wat kinders wil he en nie na hulle kan kyk nie en dan op die publiek staat maak om hulle studie kostes te dek deur ekstra taks te betaal….ek sê maar net! Net jammer die arme babatjie moes vir sy lewe so onnodig geboed het.

LB S ·

Is daar nie ‘n manier hoe hierdie siekte betyds gediagnoseer kan word om soortgelyke tragiedies te vermy nie? Maar ja, ek veronderstel dat daar nie tyd of genoeg personeel in die Staatshospitale is om op te let dat iets verkeerd gaan nie! Tragedie van ons tyd….

Hartseer ·

Nee dis nie n siekte nie
Mens kry dit net na baba se geboorte
Dis aaklig
Mens kry vieslike gedàgtes om baba seer te maak en wil ni baba he ni

Hartseer ·

Miskien was die ma n verkragting slagoffer. Maar ja dis hartseer.

Hartseer ·

Nageboorte deppressie is baie erg,mens kry dit na baba gebore is,mens kry vieslike gedagtes om jou bàba seer te maak omdat jy nie die ” situasie” kan hañteer ni,dit lei tot dat jy voel jy nie jou baba wil he nie,dis verkeerd wat sy gedoen het ja maar daai posnatal depresion is erg

Ciska Vermaak ·

My kleine lyfie is nou amper 11 weke oud…. en ek sal nooit in my lewe kan indink dat ek dit aan hom sal kan doen nie. Maar ons weet nie waar deur daardie mamma gegaan het nie… depressie is nie ‘n man se maat nie. En dis sy wat voor God staan – Hy sien tog in haar hart. Dis nie vir ons om te oordeel nie…

iemand ·

ek het na al2 my kinders nageboorte depressie gehad en dit is bitter erg.
nee dit maak dit nie reg wat sy gedoen het nie maar mense wat dit nie gehad het nie verstaan dit ook nie.

wat dit vir baie vroue vererger is dat hospitale die mammas verplig om te borsvoed – selfs al het jy geen melk nie. dan gee hulle vir jou medikasie wat veronderstel is om melk te gee maar die medikasie vererger die nageboorte depressie.

niemand hier se dat wat sy gedoen het reg is nie so hou op klippe gooi. hier is net n handjie vol van ons wat wel verstaan oor ons self nageboorte depressie gehad het.

ek is nou weer swanger en sien uit na my baba – maar eks bitter bang om weer nageboorte depressie te kry

Louise ·

Dis nou presies hoe ons land al is, ons het al SOOO gewoont geraak aan misdadigers wat vryloop laat ons al self glo dis reg.
Daar is mos altyd die een of ander MEDIESE terme vir n SIEK/MAL mens, nee sy het DEPRESIE GEHAD arme sy en wat my kwaad maak is hulle gaan dit in die HOF ook voorle dat sy n REDE gehad het om dit te doen.
Gelukkig het sy nie klaar die kleine mensie in haar hande gehad en dit toe gedoen nie. So ek HOOP regtig die hof BESLIS sy het tyd gehad om te dink oor haar optrede en word dan daarvolgens vervolg, MAG sy kry wat haar toekom en bitter jammer die doodstraf is weg gevat.
RIV kleine mensie

Vry hand ·

Sy is in elk geval op R500 borgtog uit. .en strooi..ek het ook nageboorte depressie gehad na my eerste kind, en dis juis deur my eerste bondeltjie vreugde dat ek deur dit gekom het. .gelukkig het ek nie moord neigings gehad nie..dis n onskuldige klein mensie wat deur moeder se wraak ontneem is van n begin in die lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.