Ma vas wat baba glo weggee

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou sal na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing nadat sy glo haar ses maande oue baba aan ʼn ander vrou gegee het.

“Die 34-jarige vrou is Saterdag by Kwefine-hostel in Katlehong in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap die voorval by die polisie aangemeld het,” het kapt. Mega Ndobe, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die vrou, wat nou die baba by haar het, het hom na KwaZulu-Natal geneem. “Die polisie sal die baba van KwaZulu-Natal terugbring na Gauteng om hom in ʼn plek van veiligheid te plaas,” het Ndobe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Dis belaglik, at least het sy n beter huis vir haar kind gesoek en nie die kind vermoor of net in die veld weggegooi nie. Wees haar genadig en dink eerder deur wat moes sy gaan om so groot besluit te neem. Dis ses maande wat sy probeer het om dit te maak werk, ek dink sy was teen n muur vas.

Nina ·

Dit was nogal my eerste gedagte ook; gelukkig is die baba nie iewers op ‘n sypaadjie, in ‘n ‘longdrop’, in ‘n veld of iewers op ‘n ashoop dood gekry nie. Maar nou ja.

Anon ·

Ek stem saam met jou, ten minste is die kind nie vermoor nie. Weet mens kan nie net jou kind weg gee nie, maar help haar nou om dit wettig te maak. Moenie haar net toesluit nie. Sy het aan haar kind gedink.

Ekke ·

Hoe kan dit “kinderverwaarlosing” wees as sy die kind vir iemand gegee het? Ek sien ook nie die opskrif lees: MA VAS WAT BABA GLO VERKOOP nie. Dalk kan die persoon beter vir hom sorg as sy in haar omstandighede, en sy het geen finansieële voordeel hieruit geniet nie. Sy het dalk nie die korrekte prosedure gevolg nie, maar die outjie lewe darem nog. Syt hom nie alleen in haar huis gelos sonder kos of langs die hoofweg afgelaai nie. Aai die regering van ons kan maar ook lekker simpel wees as hulle wil. Help haar liewer en doen wat die beste is vir die kleintjie. Sterkte vir jou mamma en jou baba.

Wollie ·

Nou het hulle die baba van “veiligheid” weggevat om hom in ‘n plek van veiligheid te plaas… Duh…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.